All Blacks oordonder Wallabies

2012-08-18 23:11

Cory Jane gister op pad na sy drie teen die Wallabies.| Foto: DANIEL MUNOZ/GETTY IMAGES

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die All Blacks het gister in Sydney die eerste slag geslaan in die splinternuwe Rugby-kam­pioenskap, toe hulle die Wal­labies met 27-19 getroef het in ’n veel eensydiger wedstryd as wat die telling te kenne gee.

Die Kiwi’s het hul gasheer merendeels oordonder – en Australië kan sy sterre dank vir ’n paar stelle bottervingers, of die skade was veel erger.

Dit was ironies dat die tuisspan eerste bloed geruik het ná ’n skrum-strafskop teen die All Blacks, want hul hel het in dié faset begin en is op die grond en by die afbreekpunte voortgesit.

Albei All Black-drieë het ná goeie skrumwerk gekom. In albei gevalle het Dan Carter netjies gebreek met die vinnige bal en het fop-hardlopers soos Ma’a Nonu en Sonny Bill Williams die Wallaby-verdediging oorhoops getrek, sodat eers Israel Dagg en toe Cory Jane buitekant om is om in die hoekie te druk.

Jy kan dalk redeneer dat dié fophardlopery aan obstruksie gegrens het, maar die All Blacks doen dit só vinnig en netjies dat hulle selde hiervoor gestraf sal word.

Benewens die 12 punte wat die All Blacks só aangeteken het, het hulle nóg 6 punte van skrum-strafdoele verdien – wat beteken dat dié enkele faset die Kiwi’s net ’n enkele punt minder verskaf het as wat die Wallabies in die hele toets gister kon aanteken.

Die besoekers se stewel was deurgaans op die Aussies se keel en dis inderdaad ’n pluimpie vir die tuisspan dat hulle tot in die laaste minuut binne tref-afstand was – dít, ná die besoekers binne 20 minute ’n voorsprong van 13-3 opgebou het.

Dat die Wallabies in die prentjie kon bly, was grotendeels te danke aan die skopskoen van Berrick Barnes en ’n drie deur Nathan Sharpe vlak voor rustyd ná ’n seldsame stukkie goeie spel van die verloorders.

Nietemin kon die All Blacks hulle veel gemakliker gebêre het. Sowel Kieran Read as Cory Jane het aangeslaan met ’n oop doellyn voor hulle, terwyl Liam Messam ’n wilde aangee na Hosea Gear geslinger het toe ’n drie na blote formaliteit gelyk het.

Hoewel die tweede helfte drie strafdoele wedersyds opgelewer het, was daar nooit werklik ’n gevoel dat Australië kon wen nie, nie eens die twee maal dat hulle binne 5 punte van die wenspan gekom het nie.

Die All Black-voorspelers was op hul kop, met Carter ’n generaal en Dagg vlymskerp.

Die Kiwi-skrumskakel Aaron Smith bring ook ’n nuwe dimensie aan die All Blacks se spel met sy haastige diens.

Vir Australië lyk die berg vanoggend steil.

Saterdag moet die Wallabies dieselfde All Blacks in hul Eden Park-vesting aandurf – en hul agttal lyk kwesbaar genoeg dat Suid-Afrika en Argentinië met belangstelling sou kennis geneem het.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-19°C Sunny. Mild.
Jhb: 5-14°C Sunny. Cool. Bfn: 2-18°C Sunny. Mild.
Dbn: 12-22°C Showers early. Morning clouds. Cool. PE: 9-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!