Allister sonder diepte

2012-01-07 23:10

Die trofeekas by Nuweland staan níé leeg nie.

Die Stormers het verlede jaar een gebuit deur eerste in die Suid-Afrikaanse Super-groep te eindig. Tog het dit nie ’n emosionele snaar getokkel nie.

“Dis ’n werklikheid waarteen ons nie kan stry nie,” sê die Kapenaars se breier, Allister Coetzee, wanneer die trofee-kwessie ter sprake kom.

“Ons fokus op die positiewe. Dis ’n proses om daar te kom. Die span praat nie daaroor nie. Ons wil aanhou om op ons uitvoering van die spel se basiese beginsels te verbeter.”

Die Stormers se grootste probleme voor die uitmergelende toernooi is ’n gebrek aan ervare diepte. Jaque Fourie is Japan toe en Johann Sadie na die Bulls. Gaan die pôpô die fên op senter tref as Jean de Villiers of Juan de Jong beseer word?

“Die probleem is ervaring, maar die talent is daar. Daar is jong spelers wat kan instaan – en Peter Grant is ’n opsie op binnesenter. Hy kan vir ons ’n waardevolle skopvoet op binnesenter gee.

“Die jong senters soos Michael van der Spuy en Berton Klaasen is nét so talentvol soos Sadie. JP du Plessis werk ook hard en is baie professioneel.”

Sou Grant as binnesenter ingespan word, kan Gary van Aswegen en Burton Francis om die nr.?10-trui meeding.

Die Stormers is lank nie meer laventelhane nie, maar hul diepte kan veral in die voorry beproef word nadat CJ van der Linde na die Lions gewyk het en JC Kritzinger ’n ernstige kniebesering opgedoen het.

“Ons het vir Deon Carstens ingebring en hy kan albei kante van die skrum sak,” sê Coetzee.

Daar is ook twee puik jong stutte in Frans Malherbe en Steven Kitshoff grootgemaak, terwyl Brok Harris en Wicus Blaauw ou staatmakers is.

Francois Louw se skuif na Bath laat die Stormers sonder ’n baljagter van formaat.

Daar is darem ook redes tot opgewondenheid. Rynhardt Elstadt en Andries Bekker was verlede jaar ramkatte op slot, terwyl die jongeling Eben Etzebeth groot opgang daar kan maak. Hilton Lobberts, Quinn Roux en De Kock Steenkamp verskaf bekwame diepte.

Daar is dié keer genoeg diepte op losskakel om ’n beseringskrisis die hoof te bied – Grant, Van Aswegen, Francis, Demetri Catrakilis, Elgar Watts en Kurt Coleman is almal opsies.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avensis 2.0 Advanced AT
2007
R 185,995.00

FORD

Fiesta Flair 1.4i 5-dr AC MY99
2005
R 85,000.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 255,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.