Andries en Nog Een vir Bokspan

2012-01-14 23:43

Andries Bekker, wat nommer?1 in die slot-tou is vir vanjaar se Springbokspan. Foto: Christiaan Kotze

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Koebaai, Bakkies en Victor. Welkom aan Nog Een en Andries.

As die room van Suid-Afrika se slotte teen die einde van ’n uitmergelende Super-reeks nog staande bly, sal dit waarskynlik daarop neerkom om ’n slotmaat vir Andries Bekker te vind.

Dís g’n provinsialistiese stelling uit die Moederstad nie.

Diegene wat nog in Bekker se vermoëns twyfel, hoef net bladsy 273 van Victor Matfield se outobiografie te raadpleeg: “Andries Bekker was die laaste paar seisoene een van my heel moeilikste teenstanders op alle vlakke van rugby.”
Klaar gepraat.

Bekker se atletiese vermoëns dwing nét soveel agting af as ’n jong Matfield s’n, terwyl die verantwoordelikheid ook syne sal wees om seker te maak dat Suid-Afrika se standaard in die lynstane nie sak nie.

Die twee belangrike vrae wat Bekker moet antwoord, is oor sy temperament en hoeveel minute hy in ’n lang seisoen kan speel sonder om ’n besering op te doen.

Dis een ding om oor Matfield se atletiese vermoëns te beskik, maar ’n ander om daardie energie in die groot oomblik te kan kanaliseer.

Fiksheid is ’n veranderlike wat dikwels buite ’n speler of afrigter se beheer is.

Enige afrigter sal in die versoeking staan om hom dwarsdeur ’n toernooi te speel – en dít gaan dikwels hand aan hand met ’n besering.

’n Logiese slotmaat op nasionale vlak is die Bulls se Flip van der Merwe.

Hy’s nog lank nie Bakkies Botha nie, maar taai en ervare genoeg.

Die Bulls se beginspan is hom nou beskore – en sy verwagte vennootskap met Juandré Kruger sal ’n groot gesprekspunt wees nadat Botha en Matfield vir soveel jare die dryfkrag verskaf het.

Flip sal op sy tone gehou word deur ’n jong man wat daarvan hou van vuur stook: Rynhardt Elstadt.

Dié jong Stormer het verlede jaar selfs op Loftus Versfeld agting gaan afdwing, maar hy sal daardie standaarde in sy tweede seisoen moet handhaaf om as ’n sterk aanspraakmaker gereken te word.

Nóg ’n jongeling van wie baie verwag word is die Westelike Provinsie se Eben Etzebeth.

Hy kan straks vanjaar ’n draai of twee in ’n Stormers-span maak as ’n nr.?4- of nr.?5-slot.

’n Bok-trui behoort hom egter eers oor ’n paar seisoene beskore te wees.

Kommerwekkend is dat dit moeilik is om aan ’n adjudant vir Bekker te dink.

Die Shark Alistair Hargreaves staan seker voor in die ry, maar hy lyk soms net ’n bietjie te lig in die broek. Dié seisoen is ’n belangrike een vir hom.

Die slotsom is dat Suid-Afrikaanse slotte maar dun gesaai lê en selfs losvoorspelers by tye daar aangewend word.

Botha is ’n plaasvervanger by Toulon en Danie Rossouw speel in Japan.

Albei is nog beskikbaar, maar dis tyd om vorentoe te kyk.

Ons sou oor Steven Sykes en Gerhard Mostert kon gesels, maar dié twee speel ook oorsee. Mostert is ook ’n opsie, maar dit sal beter wees om hom aan plaaslike standaarde te kan meet.

Vir nou is dit ’n geval van “Goed, Beter, Bekker”.

Ons sal eersdaags weet wie goed en beter is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avensis 2.0 Advanced AT
2007
R 185,995.00

FORD

Fiesta Flair 1.4i 5-dr AC MY99
2005
R 85,000.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 255,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.