Barritt kan Engelse agterlyn vonk gee

2012-01-21 22:56

Die SA gebore Brad Barritt, wat vir Engeland ’n angel in die Sesnasies kan wees. Foto: Mike Hewitt/Getty

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Uit ’n Suid-Afrikaanse oogpunt is die vertoning van die Engelse rugbyspan sekerlik die belangrikste aspek van vanjaar se Sesnasie-reeks, wat oor twee weke in Europa afskop.

Die Engelse toer naamlik later vanjaar hier vir drie toetse en sal in November op Twickenham gasheer
vir die Bokke speel. En dié span het min of meer van voor af begin ná ’n ­Wêreldbeker-toernooi waarin feitlik net skande gemaak is.

Die onbekookte bewind van Martin Johnson is oor en Stuart Lancaster sal Engeland tydelik afrig, met gerugte dat Nick Mallett die breier sal wees as die span later hierheen kom. Die SA konneksie word verder versterk deur die teenwoordigheid van die oud-Shark Brad Barritt in hul middelveld.

Barritt kan ’n einde help maak aan die knaende ploetery van die Engelse senters, maar oorsee is alle oë op sy klubmaat Owen Farrell gerig, van wie hulle skinder dat hy die volgende Jonny Wilkinson kan wees. Maar met flair.

Ouer garde soos Mike Tindall is gepos en Lancaster belowe ’n veel aanvallender Engeland. Dié voorneme kan sommer met die intrapslag getoets word teen Skotland op Murrayfield.

Die Skotse klubspanne vaar vir ’n slag goed in ­Europese rugby, maar dié span verloor self baie ervaring in die persone van Chris Paterson en Nathan Hynes, twee manne wat dit laat voel asof hulle die afgelope kwarteeu vir die Skotte uitgedraf het.

Die Skotte het egter eergister ’n terugslag gekry toe die Internasionale Rugbyraad (IRR) beslis het die binne-agterspeler Steven Shingler mag nie vir hulle speel nie, nadat hy reeds vir ’n Walliese ouderdomsgroep-span gespeel het.

Ierland, wat ook maar so-so gevaar het in die Wêreldbeker-toernooi, buiten hul skok-oorwinning oor die Wallabies, sal egter hou by hul ervarenes. Dit sal waarskynlik broodnodig wees: Ierse diepte is nie aldag watwaffers nie – en die span se besielende senter en kaptein, Brian O’Driscoll, sal die hele reeks misloop.

Hul eerste teenstanders sal Wallis wees en dié het weer ’n reuse-tree boontoe gegee deur die Wêreldbeker-toernooi. Of hulle verder sal kan gaan met dié belofte, is die vraag op alle rugby­liefhebbers se lippe, maar ’n geslag puik jong spelers soos Sam Warburton en Rhys Priestland maak die antwoord hierop waarskyn-lik ja.

Met die Walliese voorry vir ’n slag almal wedstrydfiks, kan Wallis moeilik wees om te klop. Die interessantste insluiting is egter
dié van Gavin Henson. Dié pierewaaier met die sonlamp-bakkies sal sy sokkies dramaties moet optrek en sy sosiale gedrag dramaties moet afskaal indien hy Warren Gatland se guns wil wen.

In Frankryk en Italië het nuwe afrigters ook grotendeels by die bekende gehou. Of Jacques Brunel veel beter met Italië sal kan vaar as wat Mallett gedoen het, is te betwyfel. Maar die Franse het die Wêreldbeker-eindstryd gehaal met ’n ploert as breier.

En dié is nou vervang deur Philippe Saint-André, wat sy storie ken.

Die Hane met ’n bevoegde breier gaan nie sommer coq au vin word nie – Frankryk is selde sleg en die kans is groot dat hy nogmaals gedug gaan wees en dié span gaan wees om te klop.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 139,995.00

NISSAN

Sabre 160 GX 5-dr
1996
R 40,000.00

TOYOTA

Landcruiser PU 4x4 Dsl
2005
R 225,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.