Beserings ry Bulle

2013-02-24 07:32

Pierre Spies, kaptein van die Bulle, probeer vergeefs om ’n afskop te bemeester in sy span se sege oor die Stormers op Loftus Versfeld. | Foto: Duif du Toit/Gallo

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Diepte dié het hulle. En daarin sal die Bulle moontlik al in die komende week moet delf.

Só sê Frans Ludeke, hoof­afrigter van die seëvierende Bul-span, wat die Stormers Vrydag-aand op Loftus Versfeld met 25-17 (rustyd 9-0) geklop het.

Dít was albei spanne se eerste Superrugby-wedstryd vanjaar, en met Morné Steyn aan die spits het die tuisspan die erg teleurstellende Kaapse besoekers op hul herrie gegee.

Maar daar is ’n paar skeetbekommernisse ná hierdie fisieke wedstryd, waarin Ludeke meen verdediging aan iedere kant die oorheersende faktor was.

Dewald Potgieter (mediale knieligament), Werner Kruger (enkel) en JJ Engelbrecht (heupspier) is reeds voor rustyd van die veld af, maar ook Deon Stegmann (dyspier) het na dese bietjie pyn ervaar.

“Dit is te vroeg om te sê of hierdie spelers uit is, want jy sit gewoonlik vir die eerste twee dae met bloeding en swelling,” het Ludeke gister gesê. “Maar ons het baie diepte en dit kan dalk nodig wees dat ek reeds in die tweede ronde, teen die Force, op daardie knoppie druk.”

Potgieter is Vrydag deur Arno Botha vervang en het saam met Pierre Spies en Stegmann ’n bedrewe lostrio gevorm. Ludeke glo ook Jacques Potgieter se liesbesering behoort tot die verlede en hy kan die span aanvul.

Voorts behoort Akona Ndungane (enkel) Saterdag teen die Force te kan speel. En as hy reg is, sal Lionel Mapoe waarskynlik in sy voorkeurposisie van buitesenter uitdraf en Swys Venter van die bank af speel.

Die Bulle het dus meer as genoeg spelers van gehalte om moontlike gate te vul. En boonop het die span heelwat selfvertroue ná ’n werklik knap wedstryd teen die Stormers.

Steyn het ’n goeie taktiese wedstryd gespeel en die Kapenaars in hul eie gebied vasgepen. Hy het ook met al sy skoppe pale toe geslaag, terwyl Elton Jantjies vier strafdoele gemis en ewe twyfelagtig verdedig het.

“Albei spanne het kanse in goeie dele van die veld geskep,” meen Ludeke. “Maar nie een kon daardie kanse werklik in punte omsit nie. Die groot verskil was die stelskoppers. Morné was akkuraat en het vir ons deurgaans ’n buffer opgebou.

“Daar was voor die tyd soveel op die spel vir ons, en hierdie goeie begin is werklik wonderlik vir ons selfvertroue.”

Sy eweknie, Allister Coetzee, was agterna gefrustreerd met die Stormers. En hoewel hy sy spelers se aanvanklike senuweeagtigheid as ’n oorsaak vir van hul legio ongedwonge foute genoem het, het hy die eerste helfte as “vernederend” bestempel.

Onder andere het nie een van sy Leeu-spelers – Jaco Taute, Jantjies en Pat Cilliers – hul primêre take goed uitgevoer nie. En met Jantjies se swak skopwerk het die Stormers ’n groot deel van hul eie swarigheid geskep.

Daar is sprake dat Peter Grant hom reeds môre by die Stormers kan aansluit en Saterdag in Durban teen die Haaie van die skopkegel af verligting kan bring. Dis egter onwaarskynlik, aangesien hy vandag vir die Kabelco Steelers in die eindstryd van die All Japan-toernooi moet diens doen.

* Punte: Bulle 25 (9): Drie: Chiliboy Ralepelle. Doelskop: Morné Steyn. Strafdoele: Steyn (6).

Stormers 17 (0): Drieë: Jean de Villiers, Andries Bekker. Doelskoppe: Joe Pietersen (2). Strafdoel: Pietersen.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
19 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 17-20°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-28°C Sunny. Warm. PE: 14-22°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.