Bietjie Bekker, bietjie Bakkies

2012-03-10 21:20

Eben Etzebeth, uithaler-slot van die Stormers, het die afgelope week gesels oor sy skielike opgang in Suid-Afrikaanse rugby. Foto: Yunus Mohammed

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Rustig en ontspanne, is hoe Eben Etzebeth antwoord wanneer hy gevra word om die uitstaande kenmerk van sy persoonlikheid te beskryf.

Die Hurricanes en Sharks sal ’n ander getuienis lewer nadat hulle met hom kennis gemaak het – en ja, erken hy, daar ís meer as een sy aan hom.

Daar is rustigheid in sy oë wanneer hy groet, maar ’n gluur vir sy teenstanders.

“As ek tussen daardie vier lyne kom, is dit amper soos die knoppie van ’n skakelaar wat gedruk word.

“Ek verander half. Soos hulle sê, dis oorlog op die veld. As jy afstap, is jy weer rustig en jou ou self.”

Sommige fluister oor hom as die nuwe Bakkies Botha, terwyl die staaltjies oor die vrees wat sy Oom Cliffie ingeboesem het dikwels ter sprake kom wanneer Eben se van genoem word.

Die 20-jarige Etzebeth is egter reeds vroeg in sy loopbaan ’n dissipel van wat hy as “beheerste aggressie” beskryf.

“Ek wil nie ’n reputasie kry dat ek oral inboender en geel kaarte begin kry nie. Ek probeer my kant skoon hou. As iets uitbreek, sal ek nader staan om tussenbeide te tree en die vredemaker te wees,” lag hy.

“Jy kan nie terugstaan nie, maar daar is perke.”

Etzebeth verstaan die verantwoordelikheid wat met die nommer op sy rug gepaardgaan.

“As jy in Suid-Afrikaanse rugby ’n nr. 4-trui kry, beteken dit jy móét fisiek wees. Die ander fisieke ouens soos Duane Vermeulen, Andries Bekker en Tiaan Liebenberg help baie.”

Ofskoon hy erken dat hy baie graag eendag die Bokke se nr. 4-trui sal wil dra, slaan dié jong Stormer brieke aan wanneer dit nóú al ter sprake kom.

En hy wil nie as die “volgende Bakkies” beskou word nie.

“Ek wil my eie profiel bou. Ek wil nie teen die tyd dat ek 25 is nog as die nuwe Bakkies geken word nie. Daar is sekere ooreenkomste, maar ek dink nie ons speelstyl is só naby aan mekaar nie.

“Dis seker so vyftig-vyftig. Die ander 50% van my is meer soos Andries (Bekker). Ek hou daarvan om die bal te dra.”
Bekker is sy groot mentor.

“Andries stuur voor wedstryde vir my motiverende boodskappe. Hy gee leiding in die lynstane en selfs oor duiktegnieke.”

Dit was vir Etzebeth ’n logiese keuse toe die Westelike Provinsie sy kontrak wou verleng, maar ouer broer, Ryan, het help sorg dat daar nie eers debat sou wees dat die pad vorentoe in ’n Streeptrui gestap sal word nie.

“My broer wou niks weet van weggaan nie,” sê Eben oor die opsies wat daar was.

“Ek wou bly, my familie is hier en ook Andries. Ek gaan nou nóg drie jaar onder hom speel en baie leer.”

Hy is ook van mening dat sy tyd in ’n Ikey-trui in verlede jaar se Varsitybeker-reeks ’n groot rol gespeel het om hom te kry waar hy nou is.

“Dís waar dinge begin gebeur het. Jy kry baie blootstelling daar. Mense maak op Maandae-aande ’n prioriteit daarvan om na die Varsitybeker te kyk.”

Uiteindelik sou dit ’n trappie na ’n sprokie wees – ’n buiging in ’n Stormers-trui op Nuweland teen die Hurricanes.

“Dit was onbeskryflik – om daar op ’n vol Nuweland uit te draf. Daar is nie woorde nie,” vertel hy. “Ek was baie gespanne voor daai wedstryd, maar ek het die tweede wedstryd met meer selfvertroue benader.

“Die senuwees begin darem nou bedaar.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 16-20°C Showers early. Morning clouds. Mild. Pta: 6-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-17°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 3-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 13-21°C More clouds than sun. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Sales Manager

Durban
Communicate Cape Town IT
Market Related

Financial Manager

Sandton
Communicate Cape Town IT
R500000 - R600000

Strategy Specialist - Construction

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.