Blitse betrek spog-akademie

2012-01-07 23:10

Die Blitse sweet reeds by die nuwe akademie in Stellenbosch. Foto: Jaco Marais

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die Springbok-sewesspan het vandeesweek hul nuwe tuiste hier by die Stellenbosse Sportakademie (SAS) in gebruik geneem – en is dit nou ’n grênd spulletjie.

Die SAS is langs en op die Paul Roos Gimnasium se Markötter-sporterrein gebou en sal voortaan die permanent tuiste en oefengeriewe van die Blitsbokke en die WP Rugbyinstituut (WPRI) wees.

Volgens Rob Benadie, uitvoerende hoof van SAS, het die plaaslike sakereuse Johann Rupert ’n nut vir ’n stukkie grond aan die oewer van die Eersterivier gesoek: “Die grond behoort aan die maatskappy Remgro (waarvan Rupert die voorsitter is) en Rupert het nog altyd graag in sport belê.

“Daar is dus besluit om ’n sportakademie van wêreldgehalte hier op te rig – met die plan om die Blitsbokke en WP Instituut as langtermyn huurders te betrek,” het Benadie aan Rapport gesê.

Die geriewe bestaan onder meer uit twee gimnasiums, ’n mediese - en fisioterapie-praktyk, kantore, ontspanningsvertrekke, 64 dubbelslaapkamers, ’n restaurant, swembad en ’n onderdak-oefenveld met sintetiese gras.

Die Blitsbok-breier, Paul Treu, meen hierdie geriewe maak dit vir hom en sy span makliker om ongestoord vir die Wêreld-sewesreeks en Olimpiese Spele van 2016 voor te berei.

“Dis vier jaar voordat sewes sy buiging op die Olimpiese Spele maak. Hier is nou ’n omgewing waar ons gefokus kan voorberei, met ál die geriewe by mekaar,” het Treu gesê.

Die Bokke huur 10 kamers, met spelers soos Cecil Afrika en Bernardo Botha wat permanent daar tuisgaan. Die WPRI huur 26 kamers en sy groep vir 2012 het Vrydag ingetrek.

Die behuisingsafdeling van die geriewe word deur die hotelgroep Southern Sun bestuur. Die kamers het elk sy eie klein kombuis, ’n ruim badkamer en groot slaapkamer.

’n Dieetkundige is permanent in diens geneem.

Die indrukwekkendste deel van SAS is sekerlik die onderdak-oefenveld, wat op die Markötter-terrein gebou is.

Die Bokke se fisioterapeut, Hugh Everson, het aan Rapport gesê die span het in die verlede verskeie oefensessies weens gure weer gemis en dat dié veld sake aansienlik makliker kan maak.

SAS bedien egter nie net rugbyspelers nie. Onder meer die Duitse swemspan berei tans daar voor vir die Olimpiese Spele.

“Suid-Afrika was die eerste land om ’n sentraal gekontrakteerde sewesgroep te hê. Baie lande het ons dit nagedoen. Met SAS is die Bokke hul teenstanders nou weer ’n paar stappe voor.

“Ek wil glo hulle sal ons weer naboots en só bevorder ons sport wêreldwyd,” het Benadie gesê.

Die amptelike opening vind Woensdag plaas, wanneer die Maties teen die Engelse superklub Saracens te staan gaan kom.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 139,995.00

NISSAN

Sabre 160 GX 5-dr
1996
R 40,000.00

TOYOTA

Landcruiser PU 4x4 Dsl
2005
R 225,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.