Bok-skakels geweeg

2012-08-12 00:01

Die uurglas loop leeg vir die onderpresterende Springbok-skakelpaar van Francois Hougaard en Morné Steyn.

Albei behoort in Suid-Afrika se beginspan te wees vir Saterdag se stryd teen Argentinië op Nuweland in die Rugby-kampioenskap, maar die Bok-breier, Heyneke Meyer, gaan nie onbepaald vir hulle wag om hul spelpeil van die reeks teen Engeland te lig nie.

“Hulle weet dat daar ’n verbetering moet wees en dat ek nie tevrede met hul vertonings was nie. Maar hulle is spelers van gehalte en het hulself al in die verlede bewys,” het Meyer gesê.

“Morné het by tye goeie rugby gespeel, maar nie goed geskop nie. Hy is egter sielkundig taai en ek dink dis net ’n kwessie van tyd voordat hy weer op sy beste gaan wees.”

Die eerste fase van Suid-Afrika se veldtog – toetse teen Argentinië in die Kaap en aanstaande week in Mendoza – is Hougaard en Steyn se kans om weer op dreef te kom.

As alternatief vir Hougaard het Meyer in Ruan Pienaar ’n skrumskakel wat verlede seisoen vir Ulster uitgeblink het.

Die Vrystaatse losskakel Johan Goosen sal ook druk op Steyn plaas, sodra hy aanstaande maand van sy skouerbesering herstel het.

Meyer het ’n vuurdoop as Bok-breier gehad met Junie se reeks teen Engeland. Ofskoon die Bokke met rukke en stote goeie rugby gespeel het, het dit nie gelyk asof hulle goed genoeg as eenheid saamgesnoer is om die All Blacks te kan klop nie.

“Ons sal ná die Rugby-kampioenskap weet waar ons staan. Dit gaan ’n ware toets van ons karakter wees,” het Meyer gesê.

“Die toets op die hoogste vlak is om die druk te hanteer, jou geleenthede in punte te omskep, puik te verdedig en akkuraat na die pale te korrel.”

Laasgenoemde is waar Steyn sy kant sal moet bring. Hy het teen Engeland met net 12 uit 22 skoppe na die pale geslaag.

Meyer meen die All Blacks begin as die gunsteling, maar die fokus is vir eers by die Poemas: “Hulle het ervaring in oorsese ligas opgedoen en hul spelers is fiks. Ek verwag ’n taai eerste toets en aanstaande week s’n in Argentinië kan selfs bepalend in die reeks wees.

“Dieselfde getal ligapunte is in elke wedstryd op die spel.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-21°C High level clouds. Mild. Pta: 5-17°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-13°C Sunny. Cool. Bfn: 1-16°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 10-22°C Sunny. Cool. PE: 10-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Lagoon Beach Hotel - Milnerton

Spend 3 nights and pay for 2 nights per person sharing for R2 863 at the Lagoon Beach Hotel - Milnerton. The special includes accommodation, return flights, car rental and local travel insurance.


Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop 3 boeke van Sylvia Day en kry 30% afslag

Koop 3 boeke van Sylvia Day en kry 30% afslag. Boeke sluit in Sylvia Day se nuwe topverkopers Entwined with You, Reflected in You en nog veel meer. Koop nou!

Tot 30% afslag op speletjies en toebehore vir Wii U

Moenie hierdie ongelooflike aanbod mis van tot 30% afslag op speletjies en toebehore vir Wii U. Aanbod geldig vir solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Superslim, fantastiese kombuisware + ’n GRATIS kookboek!

Spandeer R200 of meer op Progressive-kombuisware en kry ’n GRATIS kopie van Masterchef South Africa se kookboek. Koop nou!

DVD’s van Top Gear – 2 vir R99

Kry 2 DVD’s van Top Gear vir R99 en versnel die toekoms in (of gaan terug in tyd) van die opwindende motorwêreld. Koop nou!

Tot 60% afslag op gesogte items by kalahari.com

Kry tot 60% afslag op gesogte items by kalahari.com. Buitelewe-produkte, gereedskap, bagasie, DVD’s en nog meer. Koop nou!

Koop 3 boeke van Sylvia Day en kry 30% afslag

Koop 3 boeke van Sylvia Day en kry 30% afslag. Boeke sluit in Sylvia Day se nuwe topverkopers Entwined with You, Reflected in You en nog veel meer. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.