Bok-tree vorentoe

2012-11-17 23:27

Adriaan Strauss duik op Murrayfield soos ’n wafferse vleuel oor die Skotse doellyn vir sy tweede drie.| Foto: REUTERS

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die Springbokke het vir die laaste halfuur die maklike uiters moeilik laat lyk, maar verdien vanoggend ’n deeglike klop op die skouer vir gister se sege van 21-10 oor Skotland.

Suid-Afrika het met tradisionele sterkpunte – klipharde verdediging, goeie skopwerk, aggressie en natuurlik die rolmaalbeweging – ’n oorwinning bewerk wat ’n belangrike tree vorentoe onder Heyneke Meyer se afrigting is.

Die Bokke het óók die wedstryd begin op ’n manier wat gewys het dat hulle weet hulle is die beste span op die veld.

Toe hulle ná vier minute reeds ’n strafskop wen wat Pat Lambie maklik sou kon oorskop, het die Bok-kaptein, Jean de Villiers, eerder sy losskakel gevra om die kantlyn op te soek.

Die Bokke se eerste rolmaal het op ’n strafskop vir Skotland uitgeloop, maar De Villiers het aangehou om waagmoed aan die dag te lê met sy besluitneming – en is daarvoor beloon.

Ofskoon die Bokke soms onnodig geskop het, het hul taktiek in die breë dividende gelewer, want Skotland was nie opgewasse om stewel-tennis te speel nie.

Die Skotte het dikwels in die aangesig van die oormag oortree. Suid-Afrika het ook met aggressiewe verdediging enige gevaar in die kiem gesmoor.

Daar was niks subtiel omtrent die Bokke se taktiek nie. Manne soos Willem Alberts, Eben Etzebeth en Adriaan Strauss het die bal hard opgedra en die kwaai fisieke druk was vir die tuisspan te veel.

Om te dink Strauss word maar as Suid-Afrika se tweede beste haker gereken! In daardie geval is hy heel moontlik die wêreld se tweede beste.

Om twee drieë te druk – een van die Bokke se rolmaalbeweging in die 20ste minuut en daarna ’n onderskep vroeg in die tweede helfte – was beloning vir ongelooflike werkverrigting.

Daardie rolmaalbeweging het aan die Bokke ’n voorsprong van agt punte besorg – en op 11-3 was die senuwees bedaar met ’n uur se spel oor.

Met Strauss se tweede drie was die telling ná 46 minute al 21-3 – en al wat pla, is dat die Bokke uiteindelik moes vasklou om te wen.

’n Insinking in die Bokke se konsentrasie op die verdediging het vir Henry Pergos toegelaat om vir Skotland van ’n lynstaanbeweging te druk.

Daarna moes die Bokke duik. En nogmaals duik.

Hulle sou druk kon verlig as hul skrumwerk nie so swak was nie, maar hulle het vryskop op strafskop afgestaan en Skotland het aanhou kom.

Daarin is egter ook ’n positiewe te bevind. Skotland kon nie deur nie en het uit pure frustrasie soms probeer om bo-oor te gaan. Zane Kirchner was egter daar om die skoppe te ontvang.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
77 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C Partly sunny. Mild. Pta: 10-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-19°C Sunny. Mild. Bfn: 6-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.