Brüssow vuur en vlam en wil net speel

2012-01-21 22:56

Die “swak” plekke in Heinrich Brüssow se Springbok-lyf is weer sterk – en hy hoop om vanjaar heelwat meer op die rugbyveld te wees om balle te steel.

Volgens dié 25-jarige Cheetahs-flank is dit nodig om weekliks te speel sodat jy ’n goeie spelpeil kan handhaaf.

Hoewel hy verlede jaar herhaaldelik weens klein beserings uit was, het hy dit reggekry om onder meer in die Drienasies-reeks teen die All Blacks te wys waarom hy as ’n internasionale grypdief bekend staan.

Volgens Brüssow het die Cheetahs se nuwe, ingevoerde kondisioneringsmetodes “wondere” verrig.

“Ek wil beslis vanjaar meer speel. Dis lekker om weer reg te wees.

“Niel (du Plessis, die Cheetahs se fiksheidsafrigter) en PVM het baie moeite gedoen met nuwe tegnologie en metodes wat hulle in Amerika gekry het. En dis werklik uiters doeltreffend.

“Ek hoef nie meer net rehab vir my been te doen nie, want al die nuwe oefeninge – balansering, oefeninge in die swembad en met ’n ballistic ball – maak jou bene vanself sterker.

“Ek voel goed en al die ouens wat klein beserings gehad het, lyk goed,” sê hy.

Dié voormalige Grey-leerling het dalk nie verlede jaar ’n ernstige besering opgedoen nie, maar hy was steeds baie uit aksie.

Hy het sy knie se kruisliga­mente in 2010 se die Super-reeks geskeur.

In 2011 het sy knie hom die Cheetahs se eerste drie Super-wedstryde laat misloop, waarna hy ook ’n rib en dyspier in dié reeks beseer het.

Sy laaste besering was ’n rib in die Wêreldbeker, wat hom ook die einde van die Curriebeker-reeks laat misloop het.

Weens die afgelope twee seisoene se beserings, kon hy net in sowat ’n derde (10 uit 29) van sy streekspan se Super-kragmetings speel.

“Sulke klomp klein beserings soos verlede jaar is ook frustrerend. Op dié vlak soek jy bestendigheid. Jy moet wedstryd ná wedstryd speel om werklik op dreef te kom.

“Dis moeilik as jy vier wedstryde speel, ’n besering opdoen en dan weer net vier speel. Ons het goed gekondisioneer.

“Ek het die hele voorseisoen saam met Niel gewerk om al my swak plekke weer sterk te kry.”

Du Plessis en Alfred Rheeder, besturende direkteur van PVM Nutritional Sciences en borg van die Cheetahs, het einde 2011 by Gavin MacMillan, ’n kondisioneringsghoeroe in Amerika, gaan kers opsteek.

Die grootste verandering in die Cheetahs se voorbereiding is om die spelers nou beter rugby-atlete, en nie noodwendig net groter en sterker nie, te maak.

Hulle hoop ook om beserings sodoende te verminder.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 139,995.00

NISSAN

Sabre 160 GX 5-dr
1996
R 40,000.00

TOYOTA

Landcruiser PU 4x4 Dsl
2005
R 225,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.