Bulle gaffel pad oop

2012-10-13 22:52

Jacques Potgieter van die Bulle word vasgevat deur Ross Cronjé van die Leeus. | Foto: Deaan Vivier

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Vanaf absoluut nêrens nie kan die Blou Bulle nog vanjaar die Curriebeker-kampioen word.

Hulle het dit gisteraand hier in die huis van die kampioen gewys deur drie keer die voorsprong terug te gryp en uiteindelik oortuigend met 50-29 teen die Goue Leeus te wen.

En dit was so Blou Bul as wat jy kry:

* Hangskop-taktiek van Morné Steyn en Zane Kirchner, maar vir ’n slag weer dodelik akkuraat;
* Rowwe rolmaalbewegings wat tot punte lei; en
* Die telbord wat rol danksy Steyn se herfokusde lens.

Al vyf die Bulle se driedrukkers was al in Springbok-oefengroepe. Dus, ja, dié Bok-toevoegings het sommer baie gehelp.

Teen rustyd het die Bulle reeds gedoen wat hulle die afgelope weke op die Curriebeker-reeks se puntelys moes doen – ’n agterstand uitgewis.

Die agterstand was ’n volle tien punte nadat Michael ­Rhodes se drie van teenaan die kantlyn deur Butch James verdoel is. 16-6.

Dit was ’n spoggerige drie, waarin die haker Callie Visagie twee keer gehanteer het.

Daar was dalk nog meer vonk in Bjorn Basson se drie agt minute voor rustyd waarvoor die Bul Jacques Potgieter galoppend deur die middelveld gestorm het.

En tussendeur was daar skoppe. Verskeie hoeke en afstande het vir Steyn en James getoets.

Steyn, wat uiteindelik 23 punte behaal het, het selfs ’n parmantige skepdoel oorgeklits en ’n groot aandeel in die rustydvoorsprong van 22-16 gehad.

Vermoedens dat ’n nederlaag vir die Leeus nou maar wors was, is vir eers weggewuif toe hulle hul Springbok-losskakel in watte, Elton Jantjies, dadelik na rustyd opgestuur het.

Die Leeus het genoeg vuur gehad om by twee geleenthede daarna die telling gelyk te maak. Maar hul rûe is gebreek toe ’n derde TV-skeidsregter-beslissing in soveel minute om ’n moontlike Bul-drie te ondersoek uiteindelik in die Bulle se guns beslis is.

Arno Botha se rolmaaldrie was die oomblik waarna die verswakte Leeus-span verswak begin lyk het.

Die kaartjiepryse vir die Leeus se halfeindstryd op hul tuisveld volgende week is gister al uitgereik, en in die laaste 20 minute het dit gelyk of hul gedagtes reeds daar lê.

En dié Bul-span storm duidelik vir ’n wit vlag net so verwoed soos vir ’n rooie.

Hy is in die laaste kwart met hoewe omhoog bo-oor die Leeus en nog twee drieë later was die telling nie net 50 nie, maar die Bulle se selfvertroue min of meer waar dit moet wees voor ’n Curriebeker-halfeindstryd in Durban.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Sunny. Mild. Pta: 12-23°C Mostly sunny. Mild.
Jhb: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 4-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 17-24°C Haze. Mild. PE: 13-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Manager

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Financial Manager

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Financial Controller

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.