Derby-dag!

2013-02-24 07:32

Die Tukkies-heelagter Riaan Britz word platgetrek in die Pretorianers se eerste Varsitybeker-wedstryd vanjaar, teen die NWU-Pukke. | Foto: Mario van de Wall

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Tot Maties self sal ruiterlik erken dat hulle stomverbaas is om ná drie rondes in die Varsitybeker-reeks onoorwonne én heel bo aan die puntelys te wees.

Teen UJ het die Stellenbosse studente immers eers in die tweede helfte ’n rat gehaak.

Teen Shimlas het hulle ondanks bittermin besit en danksy Houdini se ontsnapkuns gewen.

En die afgelope Maandag was dit so hittete of die Madibaz het in die Danie Craven-stadion hul eerste opskudding van die jaar veroorsaak.

Die Stellenbossers is al swaar geweeg en nog nie te lig bevind nie, maar ’n groter beproewing gaan hulle nie sommer kry as môre-aand se wedstryd in die LC de Villiers-stadion teen Tukkies nie.

Die verdedigende kampioen het ná sy aanvangsblaps in Potchefstroom so geleidelik beginne lyf wys.
 
En as daardie tendens hom môre in dié Noord-Suid-derbystryd voortsit, kry die Maroen Masjien met een te doen wat (minstens op papier) nie sy gelyke het in vanjaar se kompetisie nie.

Albei spanne het besonderse agterspelers, maar die meeste van hul rugby word voorlangs gespeel. Hulle dryf graag met die bal en dít is hoe Tuks die oormaat van sy drieë druk.

Dié spanne behoort mekaar wel in vaste spel na weerskante toe besig te hou, maar die bepalende faktor behoort eindelik balbesit te wees.

Dít kan vir een span ’n paar puntekanse en gevolglik die wedstryd besorg.

In dié opsig behoort veral een tweestryd interessant te wees – dié tussen Shaun Adendorff (oopkant-flank van Tuks) en Helmut Lehmann (nommer ?6 en die kaptein van Maties).

Dié twee is klassieke grondspelers met wesenlike ervaring. Lehman het verlede jaar vir die Streeptruie Curriebeker-rugby gespeel en Adendorff was een van drie benoemdes vir die Internasionale Rugbyraad (IRR) se junior Speler van die Jaar.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 17-20°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-27°C Sunny. Warm. PE: 14-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Graduate Intern

Cape Town
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Project Manager (2 Year contract)

Centurion
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

IntermediateSharePoint Developer

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.