Die Goosen-era

2012-09-22 23:17

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die 20-jarige Cheetahs-losskakel ­Johan Goosen is in alle waarskynlikheid die man op wie se skouers die verantwoordelikheid gaan rus om die Springbokke weer terug op die wenpad te kry.

Suid-Afrika meet Saterdag op Loftus Versfeld in Pretoria kragte met Australië in die Bokke se voorlaaste toets in die Rugby-kampioenskap.

Wat sukses in die Rugby-kampioenskap betref, is dit neusie verby vir die Bokke en is daar net verlore aansien vir hulle op die spel teen die Aussies en aanstaande Saterdag in Soweto, wanneer hulle die All Blacks pak.

Die Bok-afrigter, Heyneke Meyer, het gisteraand ’n Bok-groep van 30 spelers aangewys vir die toetse teen die Wal­labies en Nieu-Seelanders – en soos verwag, was daar geen reuse-verrassings nie.

Goosen is een van drie losskakels in die uitsoekgroep, met Elton Jantjies van die Leeus wat ook weer nadergetrek is. Jantjies was vroeër vanjaar in die Bok-groep vir die reeks teen Engeland.

Die derde nr. 10 is natuurlik Morné Steyn, die Bok-staatmaker van die laaste jare wat ongelukkig dié seisoen heeltemal van stryk af is en onder groot druk is wat betref sy posisie in die span.

Na verwagting sal Goosen Saterdag sy groot kans kry om te wys hy is die man vir die toekoms en in Steyn se plek in die begin-vyftiental ingesluit word, met die Blou Bul-strydros wat straks na die bank sal skuif. Meyer glo steeds onwrikbaar in Steyn se vermoëns, maar is – soos die speler – onder druk van rugbykenners wat glo sy speeldae in die Groen en Goud is getel en dat Goosen speelkans gegee moet word om te wys wat in hom steek.

Goosen het in sy sowat 35 minute se speeltyd vir die Bokke teen Australië en Nieu-Seeland reeds gewys hy is tuis op die hoogste vlak en dat hy oor die regte temperament beskik om die Bokke weer sukses te laat proe.

Die Vrystater is egter ’n aanvallende spelskepper en sy skopskoen – na die pale én takties – is nie altyd so betroubaar en suiwer nie.

Meyer sal moontlik sy spelpatroon, wat grootliks geskoei is op taktiese skopwerk, moet aanpas sou Goosen die ja-woord kry om vir die Bokke te begin. Kenners meen dít is presies wat hy moet doen, omdat sy voorkeur-spelpatroon tot dusver nie die regte resultate opgelewer het nie.

Afgesien van Jantjies keer Eben Etzebeth, Jacques Potgieter en Coenie Oosthuizen ook weer terug na die Bok-groep. Etzebeth het ’n skorsing van twee weke uitgedien; Potgieter was nie in die groep vir die Bokke se Australasiese wegdeel van die Rugby-kampioenskap nie; en Oosthuizen is terug ná ’n nekbesering wat hy in Junie teen die Engelse opgedoen het.

Ook weer terug in die Bok-kamp is die veteraan-stut CJ van der Linde, wat einde verlede jaar in Suid-Afrika se Wêreldbeker-groep was.

Al nuweling in die groep is die veelsydige Leeus-ster Jaco Taute. As dit nie vir ’n besering was wat hy in die Super-reeks opgedoen het nie, sou hy lank­al in die Bok-groep gewees het.

Dis bekend dat Meyer ’n hoë dunk het van sy vaardighede en veelsydigheid – en hy kan hom dalk Saterdag op die Bok-reserwebank bevind in die plek van Pat Lambie, wat in die laaste elf weke nog nie ’n minuut se speelkans gehad het nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
16 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 17-20°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 6-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 6-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 13-27°C Sunny. Warm. PE: 13-23°C More clouds than sun. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.