Die Mol: Jul knoeiery bring Varsitybeker in oneer, Tuks

2013-03-17 00:32

Almal wat Die Mol ken, weet hy is beslis geen engeltjie nie.

En Die Mol kan nie stry nie. Hy het darem al te veel kere in sy lewe hopeloos te vinnig gery, baie keer heelwat meer geraas as wat werklikwaar nodig was, hier en daar nie genoeg geldjies in parkeermeters gegooi nie, en ja, ongelukkig ook ’n keer of wat aan te veel glasies druiwesap geteug.

Maar die een ding waaraan Die Mol hom nog nooit skuldig gemaak het nie, is oneerlikheid. Hy glo onwrikbaar in eerbaarheid en reg en geregtigheid.

En dís waarom Die Mol vandag meer as moerig is. Soveel so dat hy sy tassies gepak en na baie goeie vrinde van hom se vakansiehuisie by die Visrivier gevlug het. Daar waar hy kan wegkruip en nie heeltyd deur moegoes gepla en ontstel kan word nie.

Die rede vir Die Mol se erge omgekraptheid is die onregverdigheid wat die afgelope week afgespeel het toe die Universiteit van Pretoria op die rooi tapyt was oor die rugbyspelers wat hulle onregmatig in die Varsitybeker-reeks inspan.

In kort: Tuks het vir die tweede jaar agtereenvolgens nie die Varsitybeker-regulasies nagekom nie wat vereis dat ’n minimum van 18 spelers in jou speelgroep van 23 bona fide-studente moet wees.

Volgens Tuks het hulle ongelukkig die reëls en regulasies tegnies verkeerd geïnterpreteer.

Sóós verlede jaar.

En, sóós verlede jaar, is hulle slegs berispe: Moet dit nie wéér doen nie, anders gaan julle...

Bog, sê Die Mol. Julle het julle eenvoudig wéér nie aan die reeks se reëls gesteur nie, Tuks.

Sóós verlede jaar.

En wéér daarmee weggekom.

Sóós verlede jaar.

In jul eie afrigter se woorde: “As jy in Pretoria grootgeword of nou hier speel, word daar van jou verwag om te wen. Om tweede te kom, is om laaste te kom. So jy wen alles. Dit word van ons verwag.”

Ja, dis presies dáárdie siening wat Die Mol bevraagteken en laat wonder of julle die reëls en regulasies wel per ongeluk wéér verkeerd geïnterpreteer het.

Sóós verlede jaar.

Al die ander universiteite het dan die regulasies reg verstaan?

En daar is mos ’n sub-komitee vir wie jy kan gaan vra of ’n speler aan die regulasies voldoen om gekies te word indien daar enige onsekerheid is oor of hy ’n ware student of ’n beroepsrugbyspeler is.

Volgens Die Mol se bronne het julle nooit gaan vra nie. Julle het gedink julle weet alles.

Wel, geoordeel aan die uitspraak van skuldig soos vermoed, moet almal van Tuks wat betrokke was by die interpretasie van die speler-regulasies dalk teruggestuur word universiteit toe. Om behoorlik te gaan leer. Nie om rugby onder ’n dekmantel te speel nie.

Lank gelede toe Die Mol op die skone Stellenbosch gestudeer het, het ons as Maties geleer 1+1=2. Niks meer nie, niks minder nie. Geen ander interpretasie van dié som was toe of vandag tegnies moontlik en/of reg nie.
Tuks, julle verguis die gees van sportmanskap en het met jul optrede oneer aan die Varsitybeker-reeks gebring.

Die eerbare ding vir julle om te doen is om julle aan die Varsitybeker te onttrek.

En vir die goeie orde: Die Mol wil nooit weer iets van julle hoor nie.

Aan die ander Varsitybeker-universiteite: Staan saam en skop Tuks uit die Varsitybeker. Dis julle kompetisie en julle het die mag om te besluit wie mag wat doen en wat moet almal doen. Moenie verder toelaat dat een universiteit julle aan jul neuse swaai en julle almal vir ’n pop aansien nie.

Basta met knoeiers. Tegnies of hoe ookal hulle die reëls buig.

Vreugde!

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
17 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 14-20°C Sunny. Mild. Pta: 3-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 4-16°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 0-19°C Sunny. Mild.
Dbn: 10-27°C Sunny. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe gobii-slimfone vanaf R999!

’n Kamera aan die voor- en agterkant, tweeledige SIM-verrigting en 200MB se GRATIS Cell C-data elke maand vir 12 maande, is maar net ’n paar van die eienskappe van dié slimfone. Kry joune nou! Koop hier.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!