'Ek is die baas'

2012-01-28 23:14

Die Springbok-afrigter – en nie die spelers nie – sal voortaan die baas in die Bok-kamp wees... en die kaptein sal sy plek in die span moet verdien.

Heyneke Meyer het ná sy aanstelling as Bok-afrigter aan Rapport gesê dat daar perke op spelerbemagtiging sal wees.

Daar behoort dus nie ’n situasie soos die onlangse een om John Smit – ’n kaptein wie se rak-lewe al in 2010 verstryk het – te ontstaan nie.

Die uittredende Bok-afrigter, Peter de Villiers, se lojaliteit aan senior spelers en tot watter mate hulle sy septer geswaai het, sal waarskynlik ’n besprekingspunt wees wanneer die Bokke se vertonings van die afgelope twee jaar in oënskou geneem word.

De Villiers se benadering het in 2009 goeie dividende opgelewer, maar die span het uiteindelik gestagneer.

“Die kwessie van spelerbemagtiging hang af van hoe ervare jou span is,” het Meyer gesê.

“As jy ’n jonger span het, moet jy meer beheer neem en hulle later vlerke gee. Ek dink dis baie belangrik – en ek wil nie op tone trap nie – dat jy insette van almal kry, maar in die hitte van die stryd moet hulle weet wie die leier is.

“Sodra dinge sleg gaan, kyk spelers mekaar in die oë en is daar één ou wat beheer moet neem. Dis belangrik dat die afrigter die finale besluit neem.”

Meyer gaan ook nie ’n kaptein se pad plavei soos De Villiers en sy voorganger, Jake White, vir Smit gedoen het nie.

“Dis ’n fyn balans, maar ek dink jou kaptein moet op verdienste gekies word,” sê Meyer.

“Dit hang ook af van wat jy in ’n kaptein soek. Ek dink dis belangrik dat hy goed met die media omgaan en die regte beeld na die wêreld uitdra.

“Hy moet strategies op die veld kan wees, want ek is nie daar nie. Hy moet dus ’n verlenging van my persoonlikheid wees, en presies weet wáár op die veld ek wát wil doen.”

Daar is volgens Meyer geen haas om daardie individu dadelik te identifiseer nie.

“Ek gaan nie dadelik ’n langtermyn-kaptein aanwys nie. Ek wil ’n korttermyn-kaptein aanwys, die spelers leer ken en dán ’n ingeligte besluit neem.

“Die taak van Bok-kapteinskap is nie iets wat jy goedkoop moet maak nie. Dis ’n reuse-taak en ongelooflike voorreg. Juis daarom wil ek nie iemand vir die langtermyn aanstel en later voel ek het die verkeerde besluit geneem nie. Ek sal dit op ’n daaglikse basis monitor.”

* Meyer weet ook wat by die Blou Bulle wat betref bestuur en afrigting gewerk het, nie noodwendig op die Bokke van toepassing sal wees nie.

“Ek het toe ek Leicester afgerig het met 10 verskillende na­sionaliteite in die span te doen gekry en baie geleer. As ek drie verskillende lande afrig, sal ek elkeen anders benader. Dís waar die kuns van afrigting lê. Jy kan nie net één bloudruk hê nie.”

Sy bloudruk sal eg-Suid-Afrikaans wees: “Jy moenie altyd die wêreld volg nie. Ons moet ophou om almal na te volg. Jy moet die neigings in die spel dophou, maar jou speelstyl moet uniek wees.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 139,995.00

NISSAN

Sabre 160 GX 5-dr
1996
R 40,000.00

TOYOTA

Landcruiser PU 4x4 Dsl
2005
R 225,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.