Ek was dalk verkeerd om met Morné te volhard, sê Heyneke

2012-09-16 00:49

Die Springbok-afrigter, Heyneke Meyer, erken hy het “moontlik gefouteer” deur Morné Steyn nie gister ná rustyd met Johan Goosen te vervang nie.

Die Bok-kaptein, Jean de Villiers, glo weer die ander soort rugbybal wat stelskoppers hier in Nieu-Seeland gebruik, kon dalk ’n rol in Steyn se swak stelskop-vertoning gespeel het.

Verbroude stelskoppe het in ’n groot mate bygedra tot die Bokke se nederlaag. Tussen die twee Steyns (Morné en Frans) en Johan Goosen het die Bokke sewe keer misgekorrel.

Die span se onvermoë om die talle geleenthede tot hul beskikking te laat tel, asook Dean Greyling se geel kaart, het egter agterna die swaarste geweeg onder die Bok-afrigter se redes waarom sy span die vierde keer in vyf wedstryde nie kon wen nie.

“Jy haal nie net ’n ou af oor sy stelskoppe nie,” het Meyer gesê oor sy besluit om Steyn tot in die 58ste minuut op die veld te hou. “Ons het rustyd daaroor gepraat, maar ek het gedink Morné sou sy ritme terugkry.

“Met die voordeel van die terugblik is dit maklik om sulke besluite te neem, maar in daardie oomblik was dit vir my soos ’n besluit om lewe en dood. Miskien het ek die verkeerde besluit geneem, maar Morné slaan gewoonlik terug en skop weer goed.”

Volgens De Villiers is daar rustyd besluit om Steyn nog één skopkans te gee: “Hy het een gekry toe ons ’n drie gedruk het (en weer gemis). En toe haal ons hom af.

“Jy moet vertroue in jou spelers hê, maar soms ook moeilike besluite neem. Maar ons moenie vergeet nie dat ons hier met die Adidas-bal gespeel het, terwyl ons met die Gilbert-bal in Super-rugby en in Suid-Afrika speel. Dis ’n ander soort bal en ons het gesien hoe die stelskoppers (verlede jaar) in die Wêreldbeker daarmee gesukkel het.

“Ongelukkig het hy nie al sy skoppe oorgeskop nie, maar dit maak nie van hom ’n swak speler nie.”

Meyer het ook sy besluit verdedig om Tendai Mtawarira ná 51 minute met Dean Greyling te vervang.

“Beast het nog elke wedstryd dié jaar gespeel en was moeg. Ek het gedink vars bene sal op daardie tydstip help, want die tempo was hoog.”

Die teleurstelling was gisteraand groot in die Bok-kamp ná die span die derde keer agtereenvolgens ’n oorwinning weggesmyt het.

“Ek is teleurgesteld. Ons spelpatroon was reg en ons het hulle onder druk geplaas, maar jy moet dít in punte omskep – en dít was die verskil tussen die twee spanne. Hulle het hul kanse benut, maar ons kon nie.

“Ons het verloor en dit is nie goed genoeg nie,” het Meyer gesê.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
34 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Rugby-kommentaar

Nico Eksteen sê... Ek het glad nie 'n probleem dat die ouens nie pale toe geskop het nie. Ons het 'n baie skraal kans gehad om nog die uitspeelrondtes te haal maar dan moes ons wenne met bonuspunte kry. So dis iets waarop besluit is voor die wedstryd en glad nie Jean se skuld nie. Jean is steeds die beste binne-senter in SA. Stormers se grootse probleem le by die skakelpaar en veral op skrumskakel. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-23°C Sunny. Mild. Pta: 10-19°C Afternoon clouds. Mild.
Jhb: 8-15°C More sun than clouds. Cool. Bfn: 9-20°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 14-23°C Sunny. Mild. PE: 12-24°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.