Flanke vir Afrika spook vanjaar om (blou) truie

2012-01-21 22:56

Altwee is van die Baai, altwee speel flank en altwee het hul oog op die Bulls se nommer 7-trui. Boonop is altwee se van Potgieter.

Maar waar Jacques hierdie week ’n “sielkundige oorwinning” oor sy huismaat, Dewald, behaal het deur ’n baardgroei-weddenskap (en R5 000) te wen, is laasgenoemde sy HTS Daniel Pienaar-skoolmaat een voor wat Super-rugby betref.

Dewald (24) is tans die Bulls se nommer 1-nommer 7 ná 46 verskynings op Super-vlak, terwyl die 25-jarige Jacques vanjaar sy groot deurbraak-jaar in dié reeks wil maak. Op sewe, al kan hy ook ewe gemaklik op slot en agtsteman uitdraf.

“Ek wil net speel, maar as ek regtig kan kies, sal ek graag op sewe wil speel. Ek dink dit pas my spel die beste,” het dié klipharde verdediger gesê.

Al dra Dewald daardie nommer?

“Ja, ons moet maar beurte maak of iets,” lag hy.

“Ek sal elke kans moet gebruik wat na my kant toe kom,” sê hy meer ernstig.

Dié gewese OP Kings-speler se vurigheid het vinnig byval gevind in Pretoria – en die bebaarde speler is klaar ’n gunsteling by Bulls-ondersteuners.

Sy lang hare en baard-voorkoms is aangehelp deur ’n weddenskap met Dewald oor wie eerste gaan skeer – en laasgenoemde het vroeër vandeesweek bes gegee.

“Ek het vir Dewald gesê hy kan maar die geld hou,” het Potgieter gelag.

“Ek hou egter van die baard-ding en sal seker nog so ’n maand of twee aan hom groei.”

Terwyl dié twee kantmanne mekaar tot groter hoogtes aanspoor, durf hulle nié ’n gros ander losvoorspelers, wat ook Super-rugby in die visier het, uit die oog verloor nie.

Die teenwoordigheid van jongelinge soos CJ Stander, Arno Botha, Jean Cook en Warwick Tecklenburg beteken dat nie net die twee Potgieters nie, maar ook gereelde staatmakers soos Deon Stegmann en die leier van die Bulls-trop, Pierre Spies, op hul snykant sal moet wees as hulle in die opdrafspan wil wees.

Die gehalte van losvoorspelers was nog altyd sinoniem met Bulls-rugby – en ondanks die feit dat Springbokke soos Pedrie Wannenburg, Danie Rossouw en staatmakers soos Jacques Burger en Derick Kuün almal in die laaste twee jaar vort is, gaan ’n plek in die beginspan se lostrio vanjaar die strafste in baie jare wees.

Stander, Botha en Cook is al drie Junior Bokkies, met eersgenoemde twee wat die span in 2010 en 2011 aangevoer het.
Tecklenburg het verlede seisoen as baljagter vir Tukkies en die Blou Bulle ’n sprokies-seisoen gehad en Stander en Botha het self in die Curriebeker gewys goed genoeg ís oud genoeg.

“Ek het nou al vir die Blou Bulle op ses, sewe en agt gespeel, so ek gee nie regtig om waar ek speel nie.

“Ek glo agtsteman pas my spel die beste, maar om net betrokke te wees, is klaar genoeg,” het Stander gesê.

Die teenwoordigheid van die nuwe generasie Bulle het beslis ook vuur onder Stegmann (55 wedstryde) en Spies (72 wedstryde) gemaak en dié twee veterane hardloop soos jong hingste op die oefenveld rond.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 139,995.00

NISSAN

Sabre 160 GX 5-dr
1996
R 40,000.00

TOYOTA

Landcruiser PU 4x4 Dsl
2005
R 225,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.