Fourie straks Bok-kaptein

2012-02-04 22:47

Fourie du Preez is skynbaar die gunsteling om die Springbok-kapteinskap by John Smit oor te neem.

Hoewel die nuwe Bok-afrigter, Heyneke Meyer, verlede week tydens sy aanstelling gesê het die span se nuwe kaptein is nog ver van sy gedagtes, verneem Rapport betroubaar dat Du Preez, die gewese Bulls- en Blou Bul-skrumskakel wat tans sy rugby in Japan speel, in Meyer se visier is om die nasionale span te lei wanneer hulle in Junie die eerste keer onder sy breierskap in ’n toetsreeks met Engeland kragte sal meet.

Du Preez is ’n veteraan van 62 Bok-toetse en het altesame 237 eersterangse wedstryde op sy kerfstok.

Hy het die Bokke in 2007 en 2011 se Wêreldbeker-toernooie verteenwoordig.

Du Preez het die afgelope week as die groot gunsteling vir die Bok-kapteinskap op die voorgrond getree toe planne om Victor Matfield as Bok-leier na die rugbyveld terug te lok, skynbaar gesneuwel het.

Hoewel daar verlede week bespiegel is dat Matfield gretig is om weer sy rugbystewels aan te trek, is hy verbind om vanjaar as rugbykommentator vir SuperSport te werk en word hy oor twee weke op ’n amptelike geleentheid by dié betaalkanaal se kantore in Randburg aan die media bekendgestel as lid van die SuperSport-span.

Matfield, wat in sy loopbaan van 110 toetse die Springbokke sewentien keer aangevoer en twaalf keer suksesvol was, gaan waarskynlik tog as konsultant by die Springbokke se afrigtingspan betrek word.

Wat die keuse van Du Preez as die volgende Bok-kaptein betref, sê Rapport se bronne dat Meyer en die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) gaan probeer om Du Preez voltyds na Suid-Afrika terug te lok soos vantevore gedoen is in die geval van Smit en Matfield.

Die 29-jarige Du Preez word egter glo nie gesien as die man wat Suid-Afrika na 2015 se Wêreldbeker moet lei nie, maar eerder as ’n “korttermyn-kaptein” wat Meyer moet help om Springbok-rugby weer op koers te kry terwyl nuwe talent en die volgende voltydse Bok-kaptein vir 2015 se Wêreldbeker ontwikkel en gebrei word.

Sou Saru en Meyer onsuksesvol wees om Du Preez te oorreed om na sy geboorteland terug te keer en hom weer vir Suid-Afrika beskikbaar te stel, is die Stormers en Westelike Provinsie se yster-flank, Schalk Burger, waarskynlik die aangewese man om die Bokke vir eers te lei.

Ingeligtes sê Burger het verlede jaar tydens die Springbokke se onsuksesvolle Wêreldbeker-veldtog sterk op die voorgrond getree as leier.

Hy geniet nie net reuse-steun in die Kaap nie, maar word landswyd gerespekteer vir sy inklimspel.
Burger se dissipline het hom egter in die verlede in die steek gelaat en hy sal Meyer moet oortuig dat hy sy aggressie in toom kan hou.

Juan Smith, die Cheetahs se vurige Springbok-flank, is in menige kenners se oë ook ’n sterk kandidaat. Beserings ry Smith egter die laaste jaar en gerugte doen die ronde dat hy eersdaags óók op pad is na Japan.

Laastens word die naam van Chiliboy Ralepelle ook genoem.

Hy sal egter eers sy plek in die Bok-span moet oopspeel en Meyer sal so ver as moontlik wil wegbly van ’n herhaling van die Bismarck du Plessis/Smit-debakel waaraan sy voorganger, Peter de Villiers, hom skuldig gemaak het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
81 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 139,995.00

NISSAN

Sabre 160 GX 5-dr
1996
R 40,000.00

TOYOTA

Landcruiser PU 4x4 Dsl
2005
R 225,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.