Generaal Lambie

2013-02-24 07:32

Philip van der Walt, agtsteman van die Cheetahs, ontwyk gister die Haaie se Beast Mtawarira en Jannie du Plessis op pad na sy drie. | Foto: CONRAD BORNMAN

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Foutlose skopvertoning deur die Springbok-losskakel Patrick Lambie was gisteraand hier genoeg vir die Haaie om ’n sterk aanslag van die Cheetahs in die tweede helfte af te weer.

Dit was Lambie se skopvoet wat die besoekers aanvanklik aan die gang gekry het en sy laaste strafdoel in die 76ste minuut wat die spyker in die tuisspan se doodskis geslaan het. Maar maklik was dié Super-sege van 29-22 beslis nie.

Lambie, wat met ál sewe sy stelskoppe geslaag het, se voet was uiteindelik die verskil nadat die ander Bok-generaal op die veld, Johan Goosen, aanvanklik bietjie verroes was.

Goosen het die eerste keer in vier maande ná ’n kniebesering gespeel en dit was aan die begin duidelik dat hy lanklaas in aksie was.

Maar hy het in die tweede helfte mooi bygekom en gevlieg soos net die Goose kan.

Soveel só, dat die Cheetahs se terugvegpoging – hulle was kort ná rustyd 5-23 agter – byna genoeg was. Voor Lambie se laaste strafdoel was die tuisspan net 22-26 agter.

Goosen se stelskopwerk het ’n bietjie gelol, selfs al was die meeste wat hy gemis het moeilike pogings.

In die tweede helfte het hy sy span weer aan die hardloop gekry – en toe het drieë deur Lappies Labuschagné en Johann Sadie gevolg.

Lambie het verlede jaar in Goosen se afwesigheid gewys waarom hy die Bokke se generaal kan wees.

Dié Haaie-losskakel was sy bestendige self en al het hy min op die aanval gedoen, het sy skopvoet die Cheetahs van ’n sege beroof.

Dit het ook die Haaie toegelaat om rustyd met 16-5 voor te loop.

Die Haaie se voorspelers was knap in die lynstane en skrums. Hul slot-aanwins Franco van der Merwe het beslis ’n verskil in eersgenoemde gemaak.

Die Cheetahs het in die eerste helfte die meeste speelwerk gedoen en veral hul agterlyn het woelig gelyk.

Verkeerde opsies het hulle egter gekos wanneer die lyn gebreek is.

Die Haaie was dikwels goed op die grond en het die tuisspan ontwrig sodra hy fases opgesit het.

Die tuisspan was reeds in die 9de minuut voor, toe sy agtsteman Philip van der Walt vanaf ’n lynstaan-dryfmaalbeweging oor is.

Dit sou sy span baie moed gegee het.

Die besoekers het egter met ’n soortgelyke drie net ná rustyd deur die Bok-flank Marcell Coetzee ’n hou terug gekry.

Buiten Lambie se skopvoet, het die Haaie-vleuel Lwazi Mvovo in die eerste helfte ’n losbal vanaf ’n lynstaan opgepik en is hy maklik tussen die Cheetahs-losvoorspelers deur vir sy span se eerste drie.

* Punte:

Haaie: 29 (16). Drieë: Lwazi Mvovo, Marcell Coetzee. Doelskoppe: Patrick Lambie (2). Strafdoele: Lambie (5).
Cheetahs: 22 (5). Drieë: Philip van der Walt, Lappies Labuschagné, Johann Sadie.
Doelskoppe: Johan Goosen (2). Strafdoel: Goosen.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Rugby-kommentaar

Fanus Ras sê... Ek sou ook nie bloei vir 'n wit t-shirt met groen moutjies nie. Maar 'n werklike egte groen Springbok trui is 'n ander saak. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 3-17°C Sunny. Mild.
Jhb: 2-13°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Cool.
Dbn: 9-25°C Sunny. Mild. PE: 12-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.