Goue Leeus en borge Dinsdag byeen

2011-07-02 23:45

Kevin de Klerk

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die Goue Leeus Rugbyunie (GLRU) vergader Dinsdag met hul borge in die lig van beweringe in verband met dié unie se bankrotskap en wanadministrasie die afgelope week.

Kevin de Klerk, president van die GLRU, het gister aan Sport24 gesê die Leeus het niks om weg te steek nie en ontken dat hulle bankrot is.

Hy het ook beweringe van wanadministrasie verwerp.

Die sakeman Robert Gumede van die Guma-groep, en sy vennoot, Ivor Ichikowitz van die wapenvervaardigingsmaatskappy Paramount, het die afgelope week beweer die GLRU het skuld van etlike miljoene rande en dat die unie se administrasie deurmekaar is.

Gumede en Ichikowitz het einde verlede jaar ’n aandeel van 49,9% in die Leeus bekom, maar die afgelope week dié vennootskap met die GLRU beëindig omdat hulle ongelukkig is oor die wyse waarop die Gautengers hul sake bestuur.

Volgens Gumede het sy maatskappy eiehandig borgskappe van nagenoeg R100?miljoen vir die Leeus verkry.

Gumede het eergister op ’n perskonferensie gesê hy is nie seker of die borge wat hulle vir die Leeus bekom het, voortaan nog by die unie betrokke wil wees nie noudat die vennootskap tussen hom en die Leeus tot ’n einde gekom het.

De Klerk het by navraag aan Sport24 gesê die Leeus het geldige kontrakte met hul borge wat nie sonder meer opgeskort kan word nie.

“Ons (die GLRU) vergader Dinsdag met al ons borge en sal dan al hul moontlike vrae beantwoord.

“Ek gaan nie in die openbaar op Gumede se beweringe reageer nie. Dis nie die regte verhoog nie.

“Die Leeus het niks om weg te steek nie en ek verwerp enige aantygings van wanadministrasie.

“Die GLRU is ook nie bankrot nie en ons sal, soos altyd, oorleef,” het De Klerk gesê.

Intussen is die GLRU reeds in onderhandelinge gewikkel met ’n potensiële nuwe sakevennoot.

Die unie wou egter nie sê wie dit is nie, maar is vol vertroue dat hulle eersdaags ’n nuwe vennootskap-ooreenkoms sal kan aankondig.

Die GLRU het ook gister sy verbintenis tot transformasie bevestig en gesê die afgelope week se verwikkelinge sal niks verander aan die unie se visie om te transformeer nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 139,995.00

NISSAN

Sabre 160 GX 5-dr
1996
R 40,000.00

TOYOTA

Landcruiser PU 4x4 Dsl
2005
R 225,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.