Griekwas skok Haaie in riller

2012-09-09 01:27

Oorstelpte Griekwas ná hul oorwinning.| Foto: Emile Hendricks

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Daar was gister hoogdrama in Griekwas se Curriebeker-sege van 22-15 oor die Haaie hier op GWK-park.

Ja, dit klink soos ’n cliché, maar die Poubloues se oorwinning het alles bevat wat jou beste drama-sepie op die kassie nie beter kon opgedis het nie.

Die Haaie-senter Meyer Bosman en Poublou-losskakel Francois Brummer het gesorg vir die aksie, Griekwas vir die intrige en die televisie-skeidsregter vir die drama.

Die Poubloues het rustyd met 16-9 voorgeloop bloot omdat die flank Marnus Schoeman van ’n rolmaal-beweging af oorgeval het.

Was dit nie vir daardie stukkie gestruktureerde spel nie, was sake gelykop met Brummer en Bosman wat om die beurt raakgekorrel het pale toe.

Die Haaie-breier, John Plumtree, het met rustyd sweerlik op sy tande gekners, want behalwe Bosman se bydrae was daar maar min om oor opgewonde te raak.

Ja, die flank Jean Deysel het met tye klipharde duikslae ingesit en die stut Dale Chadwick en vleuel Odwa Ndungane was die heel middag besig, maar verder het daar agterlangs nie veel vir die besoekers aangegaan nie.
In teenstelling daarmee was Griekwas in beheer met die omdraaislag en het hulle bloot weens swak dissipline vir Bosman oorgenoeg werk gegee.

Die senter Walter Venter hang wel vanoggend ’n klompie Haai-velle agter sy deur soos hy die manne geslag het. En die flank Schoeman was weer besig, hoewel hy soms te oorywerig was en gestraf is.

Die telling was diep in die tweede helfte nog 19-15 in Griekwas se guns nadat Bosman en Brummer elk strafskoppe deurgejaag het. En toe kom die drama.

Die Haaie-heelagter, Louis Ludik, het in die 72ste minuut deurgenael en onder die pale gaan druk vir wat klaarblyklik die wendrie sou wees, maar Griekwas het oor moontlike obstruksie vooraf beswaar aangeteken. En jou wrintiewaar, daar beslis die televisie-skeidsregter dat die Haaie wel die Poubloues se verdedigers onwettig besig gehou het.

En asof dit nie genoeg was nie, het die Poubloues met die telling op 22-15 in die laaste sekondes ’n strafskop binne trefafstand gekry wat die Haaie van ’n bonuspunt sou beroof het. En daar gaan besluit hulle om een of ander belaglike rede om kantlyn toe te skop!

Dit het die Haaie in staat gestel om van die lynstaan af besit te bekom en hulle het tot op die gasheer se doellyn gevorder. En die gelykopuitslag het gewink, met net die Noord-Kapenaars se verdediging wat hul tweede sege help vasmessel het.

* Punte: Griekwas 22 (16): Drie: Marnus Schoeman. Doelskop: Francois Brummer. Strafdoele: Brummer (5).
Haaie 15 (9): Strafdoele: Meyer Bosman (5).
Oorstelpte Griekwas ná hul oorwinning.| Foto: emile hendricks

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 17-20°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-28°C Sunny. Warm. PE: 14-22°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.