Groot taak wag vir jong Gary

2012-01-14 23:42

Die jong Gary van Aswegen, wat weer 100% fiks is. Foto: Yunus Mohamed

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Rugbyskrywer weet hy raak oud wanneer ’n losskakel hom “Oom” begin noem.

Dis egter op ’n jong Stormer se skouers waarop baie verantwoordelikheid in die vroeë stadiums van vanjaar se Super-reeks kan rus.

Gary van Aswegen het nog net sewe eersterangse wedstryde gespeel, maar dit sou aansienlik meer gewees het as ’n mediale knieligament in sy regterknie nie verlede jaar twee keer geskeur het nie.

Eers was dit mors-af in in Superrugby en daarna ’n gedeeltelike skeur in die Curriebeker-reeks.

“Ja, die beserings was baie frustrerend. Die situasie was aanvanklik nog draaglik, maar mettertyd het dit ál hoe moeiliker geraak,” vertel dié 21-jarige vandeesweek by die Stormers se oefenkamp in Hermanus.

“Ek het maar vasgebyt en is nou 100%. Ek is só honger vir speel.”

Of hy daardie geleentheid kan kry, kan van vertonings in die Stormers se voorseisoense wedstryde afhang.

Die mededinging is kwaai, want die Kapenaars se breier, Allister Coetzee, het vier losskakels in sy aanvanklike groep gekies.

Burton Francis is waarskynlik die man wat vir eers Van Aswegen se kwaaiste mededinger vir die nr.10-trui gaan wees.

Die Stormers se gereelde losskakel, Peter Grant, word deur die loop van Maart terug uit Japan verwag. Demetri Catrakilis en Kurt Coleman is óók in die aanvanklike groep.

Met die beseerde Bolander Elgar Watts bygereken, het Coetzee ses losskakel-opsies.

Grant se terugkeer sal verwelkom word, maar intussen kan daar ’n gulde geleentheid vir iemand anders wees.

Gemeet aan die belofte wat hy in die vorige twee seisoene in die WP getoon het, is Van Aswegen ’n sterk aanspraakmaker.

“Ja Oom, dis seker my belangrikste seisoen tot nóg toe. Ek is nou al drie jaar in die WP. Ek wil in die mix kom en daar bly. Dis nou ’n kwessie van speelkans kry en hoe ek vertoon.”

’n Stukkie interessante statistiek omtrent Van Aswegen is dat hy tot op hede 100% van al sy skoppe vir die Stormers deur die pale gejaag het. Daar was egter nog net 4 skoppe!

Hieroor lag hy en hoop hy dinge kan met genoeg speelkans vorentoe verander.

“Ja, dis nog 100%, maar hopelik speel ek genoeg dat dit mettertyd daal!”

Voorspoed, ou seun.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 139,995.00

NISSAN

Sabre 160 GX 5-dr
1996
R 40,000.00

TOYOTA

Landcruiser PU 4x4 Dsl
2005
R 225,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.