Haaitenk toe!

2012-10-20 23:33

Die Leeu Andries Coetzee word deur die WP-skrumskakel Nic Groom omgedop. Foto: Felix Dlangamandla

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Losskakel of heelagter?

Dít is vandag nog die luierende vraag oor Patrick Lambie, maar eintlik een wat hy al in die Curriebeker-eindstryd van 2010 met eersgenoemde beantwoord het. Asook gisteraand. En waarskynlik weer volgende week.

Die Haaie het die Blou Bulle gisteraand hier op Kingspark in die eerste halfeindronde met 20-3 geklop en daarmee tot hul derde agtereenvolgende Curriebeker-eindstryd deurgedring. Met aanstaande week s’n inkluis is twee daarvan tuis.

Hulle sal Saterdag om 17:00 teen die Westelike Provinsie uitdraf in ’n herhaling van die eindstryd van 2010 – een wat die Haaie met 30-10 gewen het en waarin Lambie 25 punte aangeteken het.

Terug in die hede het die Kapenaars hul plek in die eindstryd bespreek toe Duane Vermeulen die verdedigende kampioen, die Goue Leeus, se hart gisteraand op Coca-Colapark so saam met die toeter met ’n vyfpunter gebreek het, wat die WP ’n sege van 21-16 besorg het.

Die Streeptruie het die Curriebeker in 2001 laas omhoog gehou, en dit sal geen geringe poging verg om die onaangenaamheid sedertdien oor ses dae uit te wis nie.

Dit nadat Lambie gisteraand weereens in die nommer 10-trui uitgeblink en 15 van die Haaie se 20 punte aangeteken het. Hy het die Bulle se Bok-losskakel, Morné Steyn, in elke faset van losskakelspel oorskadu en dít in uiters onplesierige weerstoestande.

Dié kêrel is duidelik vir die groot oomblik aanmekaar gesit, soos wat hy ook in 2010 gewys het toe Willem de Waal vooraf as die Streeptruie se ridder op ’n gestreepte perd beskou is, maar eindelik deur Lambie tot net nog ’n losskakel gereduseer is.

Wat aanstaande week se ontmoeting betref, moet ’n mens hoop dat kaarte nie weer so ’n groot rol gaan speel soos in hul twee liga-ontmoetings vanjaar nie.

Die WP het hul eerste wedstryd op Nuweland met 23-25 verloor, selfs al het Jacques Botes in 10 van die laaste 13 minute tyd vir ’n geelkaart uitgedien.

En in die volgende wedstryd hier in Durban het die Haaie met 43-27 gewen – dit was nou daardie wedstryd waarin die WP vir ’n wyle weens ’n appelswaaiery met 12 spelers moes klaarkom.

Wat die breiers betref, is John Plumtree van die Haaie ’n man wat al vier keer uit die Curriebeker geteug het – in 1990 en 1996 as ’n speler en in 2008 en 2010 as afrigter. Hy het gisteraand gesê hierdie is ’n jaar wat hy nog lank sal onthou, want benewens die Curriebeker-eindstryd het die Sharks vanjaar ook in die Superrugby-eindstryd gespeel.

Hy wéét dus hoe om heel pad te gaan. Maar dat hy die Super-eindstryd en verlede jaar se Curriebeker-eindstryd in Johannesburg verloor het, sal dalk ietwat by hom en sy span spook.

Allister Coetzee het wel vanjaar ’n vars aanvallende dimensie na die WP se spel gebring, wat hulle ’n meer afgeronde span maak as die een wat in 2010 hier besoek afgelê het. Dalk net is hierdie die Streeptruie se kans. Maar die Haaie wys sover lelik tande.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
30 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 5-21°C Mostly sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 15-21°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.