Habana ál ligpunt in pikswart Rugby-kampioenskap

2012-10-13 22:52

As ’n man nou die dag daarmee vrede gemaak het dat Nieu-Seeland tans beter in rugby is as ons, kan jy seker maar die pas afgelope Rugby-kampioenskap se lesse vir ons Suid-Afrikaners opdeel in die goeies en die slegtes.

En, grimmig soos die derde plek op die punteleer ook al lyk, ís daar darem hoop vir die Springbokke. Probleem is natuurlik: die onmiddellike toekoms lyk veel beter vir die All Blacks.

’n Paar positiewe dinge omtrent die toernooi was:

* Op hul beste is Suid-Afrika se voorspelers, soos altyd, bielies met die eerste fases. Al is hulle nie goed genoeg dat die Springbokke hiervandaan ’n onaantasbare greep op ’n wedstryd kan kry nie.
* ’n Hele geslag nuwe Suid-Afrikaanse spelers het toetsrugby geproe – en niemand sal stry dat jong spelers soos Eben Etzebeth, Johan Goosen en Elton Jantjies nog diep spore in ons rugby gaan stap nie.
* So treurig as wat die Springbokke se veldtog was, was hulle net meer as ’n halfdosyn stelskoppe weg daarvan om die toernooi te wen. Selfs as Suid-Afrika sleg is, is hy mededingend.
* Bryan Habana se terugkeer na vorm illustreer die moontlikhede perfek – hy’s weer een van die beste vleuels op aarde ná twee seisoene in die duisternis.
* En daar’s altyd iets voor te sê as die Wallabies die dag sleg is; slegter as ons en met slegter vooruitsigte.

Soos u kon aflei, was dit effens boomskraap om vyf positiewe gevolgtrekkings vir Bok-ondersteuners vanuit die Rugby-kampioenskap te wring.

Die negatiewe is veel makliker:

* Die Springbokke se verdedigingspatroon is nie op standaard nie.
* Die Springbokke se stelskopwerk is nie op standaard nie.
* Die Springbokke se besluitneming is ’n saak van gebed – die genade is dat die aanvanklik oënskynlik rigiede spelpatroon groter begin raak het en ons die idee gekry het die Bokke mag wel vir hulself besluit.

Helaas, dis op hoërskoolvlak dat dié moontlikheid ’n verskil kan maak, daarna is dit te laat.

* Terwyl die kampioene drie weke blaaskans geniet voordat hulle vermoedelik oudergewoonte die Noordelike Halfrond gaan traumatiseer, word al die Bokke in die Curriebeker-kompetisie ingemoker. Dít in ag genome, is enigeen nog verbaas dat die All Blacks ons in rugby foeter?
* En as ons dan nou ’n klein bietjie vreugde kan put uit Australiese versukkeldheid, moet die uitmuntendheid van die Nieu-Seelanders ons onrustig stem.

Tog, dis die pad vorentoe: goeie jeug-ontwikkeling, bestendigheid met die aanstelling van afrigters en die nasionale kontraktering van die beste spelers.

Dit gaan jare vat om by ons te implementeer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Rugby-kommentaar

Peter Venter sê... Nou toe nou,nou dat oom Pierre n drie gedrik het nou staan hy sommer kaans by sekere mense op die presedent skap van Amerieka aan te neem!?!? Ja hy het goed gespeel maar ek is geen Stomers fan nie(Geen normalle mense kan daai spil ondersteen met n nigter verstand)Maar ek verkies vir Duan(malhond)Vermeulen in die no 8 try!Ja vloek my ma...dis ok LOL Pierre het baie om te bewys in my boekkie. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 17-23°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-16°C Morning clouds. Cool. Bfn: 6-20°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.