Heyneke skommel

2012-09-01 23:52

Ruan Pienaar agter die skrum vir die Bokke met Francois Hougaard op vleuel – én ’n nuwe agtsteman in Duane Vermeulen om die span meer slaankrag te gee.

Dít is die waarskynlike skuiwe wat die Springbok-afrigter, Heyneke Meyer, vandeesweek aan sy begin-vyftiental gaan maak vir Saterdag se Rugby-kampioenskaptoets in Perth teen Australië.

Die Bokke het gisteraand na Australasië vertrek vir hul twee weg-toetse teen die Wallabies en die All Blacks, met die wete dat twee nederlae die einde van hul drome van sukses in die nuwe Rugby-kampioenskapreeks sal beteken.

Die Springbokke is die afgelope week kwaai gekritiseer, nadat hulle verlede Saterdag in Mendoza gelykop teen Argentinië gespeel het.

Veral die skakelpaar van Hougaard en Morné Steyn het kwaai onder die tonge van kenners deurgeloop, terwyl Meyer se spelpatroon ook hewig gekritiseer is.

Meyer het gister voor die Springbokke se vertrek oorsee aan Sport24 gesê hy en die span glo aan hul spelpatroon, maar het dit teen die Argentyne nie effektief en perfek uitgevoer nie. Die Bokke se afronding was ook nie goed nie.

“Ons het die afgelope week hard gewerk om dit reg te stel en vertrek met vertroue oorsee.

“Die toetse teen die Wallabies en All Blacks gaan egter ’n reuse karakter-toets vir almal in die span wees – en ek sal daarna ’n beter prentjie hê van watter spelers goed genoeg is om op toetsvlak te presteer. Dit is nou die tyd vir die spelers om te wys wie kán en wie kan nie,” het Meyer gesê.

Die Bok-breier wou nie gister enigiets oor moontlike veranderinge aan die span verklap nie, maar uit die Bokke se oefensessie was dit duidelik dat Pienaar geoormerk is om Saterdag in Hougaard se plek agter die skrum vir die Bokke diens te doen.

Hougaard sal dan op vleuel uitdraf.

Met Pienaar op nr.?9 tydens die oefensessie, was daar veel meer vloei in die agterlyn.

Dié veteraan van 56 toetse se taktiese skopwerk is ook veel beter as dié van Hougaard, wat ’n baie meer aanvallende speler is en straks vir die Bokke meer werd sal wees op die punt.

Die nuweling Johan Goosen het in die oefening ook heel tuis op losskakel gelyk – en dit sal geen verrassing wees indien hy Saterdag op die bank is nie.

Al wat hom van die plaasvervangerbank kan hou, is Meyer se oorweging om vyf reserwe-voorspelers pleks van die gebruiklike vier te kies. In daardie geval sal die Bokke net twee agterspelers kan kies, met die keuse wat dan tussen Pat Lambie en Goosen sal val.

Voorlangs lyk dit na ’n uitgemaakte saak dat die Stormers-agtsteman Duan Vermeulen sy langverwagte debuut vir die Springbokke sal maak.

Sy insluiting sal meebring dat Willem Alberts terug na sewe-flank sal skuif in Jacques Potgieter se plek.

Potgieter kan hom saam met Francois Louw op die plaasvervangerbank bevind, sou Meyer op vyf reserwe-voorspelers besluit.

Louw sluit hom môre vanuit Engeland by die Bokke in Perth aan en Meyer wil eers met hom gesels voor hy finaal oor die samestelling van die Bokke se begin-vyftiental en plaasvervangers besluit.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
56 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne rapport

Weer
Ksd: 13-17°C Showers late. Afternoon clouds. Cool. Pta: 4-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 6-18°C Sunny. Mild. Bfn: 2-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 8-25°C Sunny. Mild. PE: 10-26°C Morning clouds. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!