Hier’s ons eie Sonny ‘Bul’!

2013-02-03 00:57

Noem hom dan Sonny Bul Serfontein. Of as jy wil, sommer net gewoonweg “Jan”.

Jan Serfontein is nog nie 20 jaar oud nie, maar het gister in die Bulle se Gautengbeker-stryd in die Orlando-stadion teen die Leeus gewys hy en Super-rugby is nou al reg vir mekaar.

Vanoggend jeuk Frans Ludeke seker van kop tot toon om Serfontein oor drie weke uit die staanspoor in Super-rugby in die Bulle se beginspan te kies.

Want gister was dié Jong Bokkie-held ’n uitblinker en nog meer in ’n melkbaard Bulle-span.

Terloops, die telling was 38-32 in die Bulle se guns, die Leeus het weer heerlike positiewe rugby gespeel en oor die algemeen was dié voorseisoense buurmanstryd ’n plesier om te aanskou.

Maar as jy jou weer kom kry, het jou oog vir Serfontein begin volg.

Grant Hattingh se drie vir die Bulle in die eerste helfte is deur ’n Serfontein-aangee uit ’n duikslag moontlik gemaak, waaragtig Sonny Bill-agtig.

Dit was een van Serfontein se beste eienskappe: hy het die bal klokslag lewendig gehou.

Dit het met tye gevoel ons sit hier met ’n jong Danie Gerber-reïnkarnasie.

Goed, vir eers weg van dié kolligdief af, ons gaan in elk geval nog baie oor hom skryf. Vir Ludeke sou gister se losmaker geslaagd gewees het.

Hy wou kyk hoe sy diepte lyk en die antwoord was ongetwyfeld “vars en gesond”.

As Serfontein ’n Sonny Bill is, dan kan die rowwe jong flank Jean Cook seker die nuwe Wit Buffel wees, à la die man saam met wie Williams eersdaags in die bokskryt klim.

Die agterspelers Lionel ­Mapoe, Sampie Mastriet en Jürgen Visser gaan almal heel duidelik sterk aanspraak op ’n plek in die beginspan maak.

En toe Serfontein se Jong Bokkie-maat, Handré Pollard, later ’n heel doeltreffende Tian Schoeman op losskakel vervang, kon jy omtrent die gehalte uit hom sien straal.

Die Bulle se “B-span” was gister slegs vir ’n kort gedeelte in die tweede helfte op die telbord agter, maar origens doeltreffend in beheer.

Oor die nederlaag hoef die Leeus nie sleg te voel nie.

Selfs vir dié span was daar vier drieë en volop tekens van goeie dinge wat kom, beskore, al gaan hulle dié dinge nie in Super-rugby kan wys nie.

Gister was dit veral die agterspelers Anthony Volmink en Andries Coetzee en voorlangs iemand soos die flank Jaco Kriel wat indruk gemaak het.

Kom ons sê dit maar: Die Southern Kings sou ’n beter span met spelers soos dié daarin gewees het. Of kom ons kyk, want die Leeus speel volgende week mos juis téén die Kings.

* Punte: Bulle 38 (22):Drieë: Jan Serfontein, Jürgen Visser (2), Grant Hattingh. Doelskoppe: Tian Schoeman (2), Handré Pollard. Strafdoele: Schoeman (3), Pollard.
Leeus 32 (17): Drieë: Franco ­Mostert, Jaco Kriel (2), Anthony Volmink. Doelskoppe: Marnitz Boshoff (3). Strafdoel: Boshoff. Skepdoel: Boshoff.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
14 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 15-24°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 7-17°C Sunny. Mild. Bfn: 5-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.