‘Hoeveel? 5 drieë?’

2012-09-29 23:26

‘Sê gou weer – het ons vyf drieë gedruk? Ons sukkel so om drieë te druk. Ek dog dit was twee of drie.”

Voorwaar, die Springbok-breier, Heyneke Meyer, het eindelik weer ’n grappie gemaak! Dít nadat die Bokke gister hul ploeterreeks om die Rugbykampioenskap op Loftus Versfeld met ’n sege van 31-8 oor die Wallabies van ’n raps meer aansien voorsien het.

Die tot nou voorspelbaar en oogdodende Bokke het inderdaad vyf drieë gedruk, waaronder ’n driekuns deur die regtervleuel, Bryan Habana.

Meyer was na dese noodwendig verlig, maar gun homself nie die kans om te glo hierdie was rugbyhemel nie.

“Ek het nog altyd gesê ons wil die land trots maak. Dit is moeilik om drie wegwedstryde ná mekaar te speel, maar ons speel altyd goed op die Hoëveld, en ek is baie trots op my kaptein en jong span. Maar ek is steeds nie tevrede nie,” het hy gesê.

Dít met verwysing na etlike kanse op drieë wat binne sentimeters van die doellyn gesneuwel het.

“Ons wil die beste span ter wêreld wees, en as jy daardie span wil wees, moet jy kanse soos daardie afrond. Ons speel volgende week teen die wêreldkampioen en dit gaan ’n ander soort uitdaging bied. Ons sal al ons kanse in punte moet omskep.”

Volgens Meyer en sy kaptein, Jean de Villiers, was gister se oorwinning wel ’n aansienlike verbetering op hul vorige pogings.

“Ons sê nog ná elke wedstryde dat ons uit ons foute moet leer,” aldus De Villiers. “En ons het beslis vanaand gewys ons het ’n paar lesse geleer. Ons het heelwat meer kanse geskep en vir ’n slag punte gekry uit die druk wat ons opgesit het.”

De Villiers dink nie die Bokke het meer drieë gedruk omdat die nuwe losskakel, Johan Goosen, minder as sy voorganger, Morné Steyn, geskop het nie.

“Daar was vanaand meer kanse. As die ruimte agter jou teenstander is, skop jy daarheen met die doel om die bal terug te wen. Maar as hulle dieper lê, moet jy die kans gebruik om met die bal te hardloop, en ek dink ons het dit vanaand net beter gelees en uitgevoer,” meen hy.

Meyer meen die ruimte om dit te doen, is danksy ’n lostrio wat baie goed saamwerk en ’n vaste vyf wat “uitstekende” eerstefase-besit gegee het.

“Ons het vir Duane Vermeulen en Francois Louw wat meer op die grond speel, terwyl Willem Alberts die bal baie goed gedra het. Dit het die Aussies onder geweldige druk gesit en hulle die kans ontneem om van hul aanvalle af punte aan te teken.

“Ons vaste vyf het die agterspelers goeie besit gegee en ons verdediging was regtig baie goed. As daardie goed werk, raak dit makliker om kanse te waag en dit in punte te omskep,” het hy verduidelik.

En, het hy afgesluit: “Ons het sedert ons wedstryd in Nieu-Seeland werklik geglo ons kan hier wen. Ek is ’n emosionele ou en dalk te emosioneel – maar ek is vanaand regtig bly vir my land.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
26 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-16°C Showers early. More sun than clouds. Cool. Pta: 3-17°C Sunny. Mild.
Jhb: 3-14°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Cool.
Dbn: 9-25°C Sunny. Mild. PE: 12-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.