In diep slot-spore

2012-01-14 23:43

Meer as 200 toetse in die Bok-trui, byna 350 Super-wedstryde – én ’n klomp murg in die pype.

Dít is waarsonder die Bulls net in hul slotposisie alleen moet klaarkom wanneer hulle die 2012 Super-seisoen sonder Bakkies Botha, Danie Rossouw en Victor Matfield aandurf. Dié drie Bulls-brekers is ná meer as ’n dekade van diens vanjaar onderskeidelik in Toulon, Tokio en SuperSport se Randburg-ateljees, hoewel laasgenoemde darem nog sy lynstaankennis in Pretoria gaan uitdeel.

Dit gaan egter nie help om net in die voetspore van dié drie te volg nie – hulle sal hul eie spore moet trap as die span suksesvol wil wees, glo een van die opvolgers, Flip van der Merwe.

Dié Bok sal vanjaar saam met Wilhelm Steenkamp en Juandré Kruger die reuse-taak hê om die drie Bok-legendes se skoene by die Bulls vol te staan – en as alles goed gaan, dalk ook op nasionale vlak hul eie spore te begin trap.

“Daar is ’n groot verantwoordelikheid wat op ons wag, maar ons besef dit. Ons werk harder as ooit,” vertel die ‘senior’ slot, Van der Merwe, dié week aan Rapport.

Hy het reeds 34 keer in Super-Rugby uitgedraf (ses keer vir die Cheetahs) en 11 keer vir die Springbokke. Dit gaan egter sy vermoë wees om as afknouer in Botha se skoene te speel, as baldraer oor die voordeellyn te kom en regterskouers in die skrum te verseker, wat dié 27-jarige speler so waardevol gaan maak.

Van der Merwe word ook aangevuur deur die Bok-trui en die feit dat hy verlede seisoen die oproep-instruksies Wêreldbekertoernooi toe misgeloop het. “Om in ’n toets vir jou land te speel, is die grootste voorreg en eer wat enige speler kan toekom en ek kan nie wag om weer daardie kans te kry nie. Maar eers is daar die Bulls en om hulle goed te laat doen. “Jou kans om Bok te word sal soveel beter wees as die Bulls presteer – daarom is al ons fokus nou om seker te maak die Bulls maak hul merk in die Super-reeks,” sê Van der Merwe.

Steenkamp is weer terug in die Bulls-kraal ná hy verlede jaar by die Cheetahs (13 wedstryde) en die vorige jaar as leenspeler vir die Sharks (vyf wedstryde) in dié kompetisie gespeel het. Hy het 18 keer vir die Bulls uitgedraf sedert sy debuut in 2008 – en hy is juis weg om speelkans en ondervinding op te bou.

“Ja, dit is nou ons tyd om rigting te gee,” erken dié voormalige Opkomende Springbok-slot. “Ons is die senior ouens in die groep en dit gaan belangrik wees dat die vaste vyf, en veral ons slotte, toonaangewend moet wees. Ek, Flip en Juandré is egter gemaklik met ons verpligtinge en ons sien uit daarna om ons kant te bring,” het Steenkamp verseker.

Dié 27-jarige Boesmanlander het verlede naweek die strop om die nek gekry, maar hy sal eers later ’n wittebrood deurwerk. “Nou is daar eers ’n Super-reeks om te wen.”

Steenkamp kan as nommer 2-slot en nr. 4-slot speel, die lynstaantekens roep en hy het al as kaptein in dié reeks voorgedraf, so hy kan bitter belangrik in die Bulls se aanslag wees.

Kruger is die ‘groentjie’ wat Super-Rugby aanbetref, maar dié 27-jarige het darem twee seisoene van inklim in Europa se Heineken-beker agter die rug en hy kén van kneukels in jou teenstander se gesig druk. Hy kry uiteindelik ook kans om daardie gesogte Bulls-nommer 5-trui aan te trek, ná hy in 2011 droëbek moes toekyk hoe Matfield week ná week die span op die veld lei.

“Ja, ek het beslis lank gewag vir dié kans – en glo my, ek is vasbeslote om die beste daarvan te maak. Ek besef maar al te goed hoe belangrik dit gaan wees dat ons dié kans aangryp, maar ek glo ons drietal sal mekaar ook tot groot hoogtes aanspoor.”

Kruger is aan die herstel ná kleinerige operasies aan sy kuite, maar hy sal slaggereed wees om in daardie eerste wedstryd teen die Sharks uit te draf, verseker hy.

Matfield meld môre aan vir sy eerste sessie as lynstaan-konsultant en Kruger wag gretig daarvoor.

“Ons sal hard moet werk saam met Victor, want ons sal ons lynstaantekens moet verander en ’n paar aanpassings maak. Daar lê opwindende tye voor,” het Kruger met ’n groot glimlag laat blyk. Hierdie moet ’n gróót seisoen wees.”

Die Bulls het, benewens dié drie, ook nog ’n paar ander belowende opsies wat Frans Ludeke se lewe kan vergemaklik, veral noudat Fudge Mabeta ná ’n motorongeluk vir minstens ses maande nie gaan rugby speel nie.

Die Keniaan Daniel Odongo is propvol belofte; Jacques Potgieter is groot en vaardig genoeg om daar uit te draf – en Gerrit-Jan van Velze word stadig maar seker slotskoene aangetrek.

Baie word ook van die jong Jean Cook verwag.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 139,995.00

NISSAN

Sabre 160 GX 5-dr
1996
R 40,000.00

TOYOTA

Landcruiser PU 4x4 Dsl
2005
R 225,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.