Josh lei Lions

2012-01-14 23:43

Josh Strauss die afgelope week aan die sweet by ’n Lions-oefensessie. Foto: Deaan Vivier

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die Goue Leeus se Curriebeker-wenkaptein, Josh Strauss, gaan vanjaar ook die Lions in die Super-reeks aanvoer wanneer dié rugby-skouspel aanstaande maand begin.

Strauss spog opnuut met ’n spoggerige baard, nadat dié afgeskeer is tydens die vieringe van die Curriebeker-sege op 29 Oktober.

Dis nou twee-en-’n-half maande later, maar Strauss dra weer swaar aan ’n digte oerwoud om sy bakkies – en óók aan groot verantwoordelikhede om die Lions in die genadelose Super-reeks te lei.

John Mitchell, afrigter van die Lions, het genoeg in die Curriebeker-reeks gesien om hom te oortuig hy beskik oor die regte leiers, asook die regte spelers, om van sy span ’n krag in die Super-reeks te maak.

Daarom lyk sy speler-arsenaal grootliks dieselfde as in die Curriebekerreeks, met enkele jong spelers wat bygevoeg is en oortolliges wat weg is.

“Ons het besluit Josh sal die kaptein wees, met Doppies as die onderkaptein – soos in die Curriebeker-reeks,” het Mitchell aan Rapport gesê.

“Op die ou einde is dit nie nodig om aan iets te verander as dit dan werk nie.

“En soos dit verlede jaar die geval was, word Josh steeds (as leier) gerugsteun deur ’n groot leiersgroep onder wie Cobus Grobbelaar, Wikus van Heerden, JC Janse van Rensburg, Doppies la Grange en Butch James.

“Dit is almal senior spelers.”

La Grange en die slot Franco van der Merwe was die kapteins in verlede jaar se Super-reeks en hulle sal ook vanjaar as Strauss se raadgewers optree.

Die meeste van die Lions-groep het verlede jaar Super Rugby gespeel en is teen dié tyd ’n gevestigde eenheid onder Mitchell se afrigting.

Die één posisie waar die Lions die 2012-seisoen begin met feitlik geen Super-ervaring nie, is op skrumskakel.

Jano Vermaak en Rory Kockott was in verlede jaar se reeks die draers van die nr. 9-trui, maar hulle het intussen na onderskeidelik die Bulls en Castres uitgewyk.

Michael Bondesio het sy stempel daarna tot so ’n mate in die Curriebeker-reeks afgedruk, dat Mitchell nie vir ’n oomblik twyfel oor sy potensiaal op ’n hoër vlak nie.

“Dit is nie vir my ’n probleem nie,” het Mitchell gesê. “Michael het in die Curriebekerreeks teen Superrugby-spelers gespeel – en goed gevaar.

“Die hele idee was om hom verlede jaar gereed vir Super Rugby te kry toe Jano weg is.”

Tog wag ’n groot vuurdoop op Bondesio. Om nie eens te praat van sy adjudante as skrumskakel nie.

Dit behoort die jong nuwe aanwinste Ross Cronjé en Whestley Moolman te wees.

La Grange is in die Curriebeker-reeks soms as plaasvervanger-skrumskakel aangewend, maar dit klink nie na ’n oplossing vir Super-rugby nie.

Eddie Bredenhann, die jong skrumskakel van die Australiese o.20-span wat verlede jaar uit Perth deur die Leeus betrek is, is intussen saam met verskeie ander spelers vort in die Goue Leeus Rugbyunie (GLRU) se poging om sy oortollige spelersgroep te snoei.

Die GLRU soek nog vir spelers soos Jannie Boshoff, Kevin Buys, Ross Geldenhuys en Dries van Schalkwyk, wat nie in Mitchell se planne is nie, ’n ander heenkome – plaaslik en in Frankryk.

Mitchell sê hy is tevrede met die diepte tot sy beskikking, selfs nadat die spelersgroep verklein is.

“Ons kan nie bereid wees om middelmatigheid verder te verdra nie – en die hele punt was dat die unie te veel gekontrakteerde spelers gehad het.

“Ons hét nou die spelers wat ons wil hê en ons is opgewonde om ’n soort rugby te speel wat mense staande kry en om ons spel na ’n volgende vlak te dra.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 139,995.00

NISSAN

Sabre 160 GX 5-dr
1996
R 40,000.00

TOYOTA

Landcruiser PU 4x4 Dsl
2005
R 225,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.