Kiwi-konneksie slyp Taute vir groter dinge

2012-01-21 22:56

Jaco Taute Foto: Deaan Vivier

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Daar is nog twee maande om te wag voordat die Lions-heelagter Jaco Taute mondig word, maar dié Curriebeker-held berei hom reeds vir sy vierde seisoen op senior vlak voor.

Steeds bloedjonk ja, maar sedert hy in 2009 as hoërskoolseun sy buiging vir die Goue Leeus gemaak het, het hy tree vir tree gevorder tot ’n heelagter wat vir niks en niemand terugstaan nie.

Dít op 20.

Daar is nie eens twyfel dat hy die mees opwindende agterspeler in 2011 se Curriebeker-reeks was nie. Maar wat nóg belangriker is, is die groei wat hy veral met besluitneming getoon het.

Uit die staanspoor was Taute lief vir teenaanvalle liewer as om die bal uit radeloosheid die lug in te jaag – en dít opsigself was verfrissend in ’n Suid-Afrikaanse rugbykonteks.

Tog het hy die teenaanvalle mettertyd ál beter beplan en die risiko verminder, sonder om sy x-faktor op die vullishoop te gooi.

Wanneer jou afrigter – ’n streng voormalige All-Black-afrigter – jou op 20 al ’n “ware professionele speler” noem, doen jy iets reg.

En John Mitchell verwag dat Taute vanjaar steeds gaan verbeter en hy sê ons gaan ’n nóg ­fisieker Taute sien wanneer die seisoen begin.

“’n Speler is nooit die voltooide produk nie. Maar die wonderlike ding van Jaco is sy selfbewustheid op en van die veld af.
“Hy groei deurgaans as ’n beroepspeler – en groei fisiek óók!”

Mitchell beskou verlede jaar se Super-reeks, waarin Taute nog wisselvallig was, maar reeds tekens van sy ongelooflike potensiaal gewys het, as ’n noodsaaklike bestanddeel in die resep om die speler te ontwikkel.

“Daardie ervaring was vir hom nodig om te kom tot waar hy nou is,” sê sy breier.

Soos in die geval van die ­Lions-losskakel Elton Jantjies, kan die hand van nóg ’n oud All Black, die Lions-hulpafrigter Carlos Spencer, ook in Taute gesien word.

Sowel Jantjies as Taute is bereid om op die veld te waag ten einde teenstanders se sterte te knoop, maar soos Spencer dit in sy speeldae vermag het, is dit berekende risiko’s ...

In die Curriebeker-eindstryd van verlede seisoen was daar boonop ’n oomblik waarin Taute nóg iets gewys het waarmee hy sy loop in 2012 kan laai.

Jantjies het met tye in die seisoen nie groot afstand met sy stelskoppe gekry nie – en in die eindstryd het Taute die bal gevat toe die Leeus ’n strafskop anderkant die halflyn kry.

Die gemak waarmee hy die lang skop deur die pale gejaag het, was Frans Steyn-agtig.

“Ons probeer die spelers vir alle scenario’s voorberei,” verduidelik Mitchell. “Soos met Jaco. Ons moedig hom vir seker aan om aan sy lang skoppe te werk.”

Die Lions het vroeër die afgelope week vir ’n paar dae ’n oefenkamp in Mafikeng bygewoon, waar die span se doelwitte en kultuur vir 2012 bespreek is.

Aanvals- en verdedigingsplanne is ook behandel.

“Maar ons is nog ver van waar ons wil wees,” sê Mitchell. “Ons werk steeds hard – en dit is nog maar die voorseisoen, al sou ons kon speel as ons môre moes.”

Die Lions se voorseisoense kragmeting in die Kaap met die Sharks is onlangs afgelas en vandeesweek is ’n kragmeting met die Cheetahs as die Sharks se ­plaasvervanger óók van die baan.

Dit laat komende Vrydag se wedstryd teen die Stormers op Nuweland as die Lions se vernaamste voorseisoense wedstryd uitstaan, hoewel hulle in Februarie ook teen die OP-Kings speel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 139,995.00

NISSAN

Sabre 160 GX 5-dr
1996
R 40,000.00

TOYOTA

Landcruiser PU 4x4 Dsl
2005
R 225,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.