Kolisi is Bok

2012-08-04 23:16

Die Springbok-afrigter, Heyneke Meyer, het gister verras toe hy die Lions-stut Pat Cilliers en die Stormers-flank Siya Kolisi betrek het in die groep vir Suid-Afrika se eerste twee toetse van die Rugby-kampioenskap teen Argentinië.

Cilliers kan hom straks dadelik in die Bokke se groep van 22 bevind vir die eerste toets teen die Poemas op Nuweland op 18 Augustus.

“Met Coenie Oosthuizen beseer, het ek besluit om vir Pat ’n kans te gee. Ons het iemand op die plaasvervangersbank nodig wat aan albei kante van die skrum kan sak,” het Meyer verduidelik.

Oosthuizen, Bjorn Basson (vleuel), Juan Smith, Schalk Burger, Heinrich Brüssow (almal losvoorspelers), CJ van der Linde (stut) en Bandise Maku (haker) is die Bokke wat weens beserings nie oorweeg is nie.

Meyer het aangedui dat hy Kolisi vernaam as ’n nr.?6 beskou.

“Hy is baie veelsydig en kan enige van die drie posisies in die lostrio speel, maar ek sien hom as ’n oopkantflank. Hy met my beïndruk in die tydjie wat hy met ons was in die reeks teen Engeland. Sy insluiting is welverdiend,” het Meyer gesê.

Die Bok-breier is bekommerd oor ’n handbesering wat die veelsydige JP Pietersen in gister se Super-eindstryd opgedoen het.

“Hy het in Nieu-Seeland vir skanderings gegaan. Ook dra ons kennis van die besering (heup) aan Eben Etzebeth. Die Stormers se mediese span is egter positief dat Eben reg sal wees,” aldus die afrigter.

Andries Bekker se insluiting sal vir Meyer waardevolle ervaring op nr. 5-slot bied. Die Stormers-hemelbesem het die reeks teen die Engelse weens ’n rugbesering misgeloop. Hy is vir die eerste keer sedert Julie 2010 in ’n Bok-groep.

Daar was ook ’n sterk boodskap aan spelers wat hul rugby in Japan wil gaan speel met die weglating van die senter Wynand Olivier en die agtsteman Ryan Kankowski. Dit het volgens Meyer ook ’n rol gespeel in die weglating van die Stormers-losskakel Peter Grant.

Die Leeus-slot Franco van der Merwe en die Bulls-stut Werner Kruger is gepos nadat hulle in die groep vir die reeks teen Engeland was. Gio Aplon, wat op heelagter was in die laaste toets teen Engeland, het dit ook nie gemaak nie.

Net 26 van die 30 sal na Argentinië reis vir die tweede wedstryd in Mendoza op 25 Augustus. Met hierdie span wat dus net vir die eerste twee wedstryde aangekondig is, het Meyer die deur oopgelaat om van die beseerdes later by die groep te betrek en om diegene te weg te laat wie se spel nie op peil is nie.

Morné Steyn, wat op losskakel gesukkel het in die toetsreeks teen Engeland, het ’n mosie van vertroue gekry.

“Jy het ’n skakelpaar nodig wat takties kan skop. Francois Hougaard en Morné was nie op hul beste teen Engeland nie. Jy kan egter nie elke week ’n nuwe skakelpaar kies nie. Hulle besef dat daar verbetering moet wees,” het Meyer gesê.

Kolisi se insluiting sal Kapenaars effens paai nadat Meyer se keuses hulle laas die harnas ingejaag het.

***

Voorspelers

Willem Alberts (Sharks)
Andries Bekker (Stormers)
Pat Cilliers (Lions)
Marcell Coetzee (Sharks)
Keegan Daniel (Sharks)
Bismarck du Plessis (Sharks)
Jannie du Plessis (Sharks)
Eben Etzebeth (Stormers)
Dean Greyling (Bulls)
Siya Kolisi (Stormers)
Juandré Kruger (Bulls)
Tendai Mtawarira (Sharks)
Jacques Potgieter (Bulls)
Chiliboy Ralepelle (Bulls)
Pierre Spies (Bulls)
Adriaan Strauss (Cheetahs)
Flip van der Merwe (Bulls)

Agterspelers

Jean de Villiers (Stormers, k)
J.J. Engelbrecht (Bulls)
Bryan Habana (Stormers)
Francois Hougaard (Bulls)
Elton Jantjies (Lions)
Zane Kirchner (Bulls)
Patrick Lambie (Sharks)
Lwazi Mvovo (Sharks)
Ruan Pienaar (Ulster)
J.P. Pietersen (Sharks)
Frans Steyn (Sharks)
Morné Steyn (Bulls)
Jano Vermaak (Bulls)

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
24 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 10-18°C High level clouds. Mild. Pta: 2-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 3-16°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 0-19°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 7-22°C Sunny. Mild. PE: 11-18°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Good Morning, Mr Mandela van Zelda la Grange

Good Morning, Mr Mandela vertel die uitsonderlike verhaal van hoe ’n jong vrou se lewe, oortuiginge, vooroordele en alles waarin sy eens geglo het verander is deur die grootste man van haar tyd. Nou R221. Plaas jou voorafbestelling nou!

Bespaar 25% op die gewildste 25 boeke!

Kry 25% afslag op die topverkoperboeke, wat insluit Low-Carb Living for Families, The Book Thief, How to Train Your Dragon en nog baie meer. Koop nou!

Tot 60% afslag met die opruimingsverkoping!

Bespaar tot 60% op toestelle, boeke, elektroniese ware, speelgoed, flieks en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe Afrikaanse uitreikings

Sien jy uit na die nuutse Afikaanse titels? ’n Vuurwarm verskeidenheid boeke is beskikbaar by kalahari.com. Bestel nou!

Soos gesien op TV – Nuwe gobii-slimfone vanaf R999!

’n Kamera aan die voor- en agterkant, tweeledige SIM-verrigting en 200MB se GRATIS Cell C-data elke maand vir 12 maande, is maar net ’n paar van die eienskappe van dié slimfone. Kry joune nou! Koop hier.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!