Lambie 28, Kiwi's 16

2012-05-05 23:26

’n Duidelik verheugde Patrick Lambie druk gister in Durban sy drie teen die Highlanders. | Foto: Christiaan Kotze

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Noem hom sommmer Lambie, die Kiwi-slagter.

Met sy babagesiggie lyk die 21-jarige Patrick Lambie so mak soos ’n lammetjie, maar die Highlanders het gisteraand ervaar hy is ’n witdoodhaai met sulke woeste slagtande.

Met sy dodelike skopskoen het hy hulle gister keer op keer laat betaal vir hul oortredings en hulle gesink deur al die tuisspan se punte aan te teken met ’n drie, ’n doelskop en sewe strafdoele.

Jy sukkel egter om hierdie klomp Sharks te verstaan. Toe die veld kurkdroog was en toestande vir aanval op sy beste was, het hulle met ’n oormaat foute nooit gelyk of hulle kan drieë druk nie.

Toe die reën egter in die tweede helfte begin uitsak en hantering moeilik moes wees, het hulle skielik vlamgevat. Dit was in die reën dat Charl McLeod die bal vorentoe geskop het, die Highlanders dit naby die doellyn ’n koekie seep gevind het om te hanteer en Lambie dit kon toeval vir die rariteit van ’n drie vir die Sharks.

Dis nou seker met die witbrood onder die arm kla, want ’n wen in hierdie kompetisie is ’n wen, maar ai, dit was ’n bleddie lelike wen en een wat beslis nie vertroue inboesem dat die Sharks daar gaan wees wanneer die uitspeelstryde plaasvind nie.

Die eerste 40 minute was besaai met foute aan beide kante en daar was nie regtig enige vloei aan die spel nie.

Die enigste punte het gekom deur stelskoppe, met Lambie wat net voor daar kante geruil is die Sharks se voorsprong tot ses punte (15-9) gerek het met sy vyfde strafdoel.

Sommer al van die eerste paar inskoppe het die Sharks telkens gebrou en besit verlore laat gaan.

Selfs die Highlanders het half lusteloos voorgekom en nie die deurdringingsvermoë getoon wat nou al ’n handelsmerk van hulle geword het nie.

Met tye het die heelagter, Ben Smith, wel met oorgawe in die lyn ingesny, maar stewige verdediging deur die Sharks het hom aan bande gelê.

Die skeidsregter, Steve Walsh, se geduld het in die 32ste minuut opgeraak met die Sharks en Jacques Botes was die een wat tien minute langs die kantlyn moes gaan sit vir nóg ’n oortreding waar van die kant af ingedons is by ’n losskrum.

Behalwe vir die drie punte wat afgestaan is met daardie oortreding, was daar darem nie enige verdere skade vir die Sharks in die tydperk wat hulle net met 14 spelers moes klaarkom nie.

Ná rustyd was die Highlanders ’n perd van ’n ander kleur en het hulle al meer gapings in die Sharks se verdediging gevind.

Hul volgehoue druk is nege minute ná die hervatting beloon toe die plaasvervanger Kurt Baker naby die hoekvlag oor is. Delany se doelskop het die besoekers die eerste keer in die wedstryd die voortou laat neem.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Rugby-kommentaar

Peter Venter sê... Nou toe nou,nou dat oom Pierre n drie gedrik het nou staan hy sommer kaans by sekere mense op die presedent skap van Amerieka aan te neem!?!? Ja hy het goed gespeel maar ek is geen Stomers fan nie(Geen normalle mense kan daai spil ondersteen met n nigter verstand)Maar ek verkies vir Duan(malhond)Vermeulen in die no 8 try!Ja vloek my ma...dis ok LOL Pierre het baie om te bewys in my boekkie. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 17-23°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-16°C Morning clouds. Cool. Bfn: 6-20°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

PR Eng Civil Engineer

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R850000 - R900000

PR Eng Civil

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R600000 - R800000

Civil Engineer

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R450000 - R550000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.