Leë Loftus vier fees

2012-09-22 23:17

Die Blou Bul-vleuel Sampie Mastriet duik gister op Loftus oor vir sy drie. | Foto: Christiaan Kotze

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Dit was gister wêreld-renosterdag.

Soos die Blou Bulle die laaste paar weke gespeel het, sou die ondersteuners met die horings op die koppe kon voel daar moet ’n dag ingestel word om ook húl geliefde spesie te beskerm.

Hul onlangse vertonings het Loftus skoon leeg gespeel, maar die net 8 748 toeskouers wat gister opgedaag het om te sien hoe hulle die Cheetahs met 34-30 klop, sou darem met ’n lied in die hart huiswaarts gekeer het.

Maar eers was dit benoude boude met die Bulle wat ’n gerieflike voorsprong met 27-9 sien verdwyn het – en met tien minute oor was hulle net met 4 punte voor en is daar na die hartpille gegryp deur die Bul-ondersteuners.

Met vier minute oor het CJ Stander gedruk om die punteverskil tussen die spanne te rek, maar stééds wou die Cheetahs nie besgee nie en het die stut Marcel van der Merwe hulle weer binne trefafstand gebring.

Die Bulle het met veel groter intensiteit begin en ook die telbord aan die beweeg gekry met ’n strafdoel deur Louis Fouché.

Dit is egter nie lank later nie uitgekanselleer deur Nico Scheepers, wat die kol met die eerste van sy drie strafdoele getref het.

Die enigste drie in die eerste 40 minute is behaal deur die nuweling-vleuel, Sampie Mastriet. Die aanvoorwerk is gedoen deur die agtsteman, Arno Botha, wat skitterend deur ’n klein gaping gebreek het, voordat Mastriet in besit gestel is om sonder ’n verdediger naby hom oor die doellyn te draf.

Vroeër in die beweging was daar egter ’n duidelike vorentoe-aangee deur die Bulle se senter, Francois Venter, wat nie raakgesien is nie.

Die lynregters, askies assistent-skeidsregters, het geen goeie dag beleef nie, want hulle het selfs ’n doelskop van Scheepers wat duidelik oor was, nie raakgesien nie.

Skandelik mnre. Lourens van der Merwe en Cobus Wessels!

Die skrumskakel Jano Vermaak, wat die vonk vir die Bulle verskaf het, was later ook oor die doellyn, maar kon nie die bal gedruk kry nie, met sy Cheetah-eweknie, Sarel Pretorius, wat sy hande onder die bal gekry het.

Daardie aksie is voorafgegaan deur die besoekers se heelagter, Hennie Daniller, wat met sy voete agter die doellyn die bal, wat soos ’n sappige perske aan ’n boom so ’n meter voor hom gelê het, oorgedra het.

Asof die voorsprong met 17-9 met rustyd nie al betekenisvol genoeg was nie, het dit net ná rustyd verder gerek, toe die slot Franco Mostert ’n goeie breekslag van Vermaak afgerond het.

’n Vyfde strafdoel deur Fouché het die telling 27-9 gemaak – en skaars vyf minute ná rustyd was die enigste vraag wat beantwoord moes word is hoe vêr die Bulle sou wen.

Sias Ebersohn en Coenie Oosthuizen se verskyning vroeg in die tweede helfte het egter ’n ommekeer vir die Cheetahs bewerkstellig en skielik het die Wit Tornado momentum begin kry.

Eers het Raymond Rhule gedruk en daarna is Scheepers in die hoek oor. Skielik was die Bulle net 27-23 voor. Tot hul krediet het hulle egter vasgebyt.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 13-21°C Sunny. Mild. Pta: 12-24°C Mostly sunny. Mild.
Jhb: 11-19°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 5-22°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 17-24°C Haze. Mild. PE: 12-20°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.