Leeu-brul in die Kaap

2012-09-29 23:26

Die Leeu-blits Deon Helberg glimlag al die pad doellyn toe in gister se stryd teen die WP op Nuweland. | Foto: YUNUS MOHAMED

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die Leeus is so te sê seker van ’n tuis-halfeindstryd, nadat hulle die WP gistermiddag hier met 22-9 getrap het.

In die geheel het die Johannesburgers hul kanse baie beter as die WP benut en verdienstelik as oorwinnaars van die veld gestap. Daarteen kan niemand stry nie.

Maar die WP sal ook lank na homself in die spieël moet kyk oor sy eie onvermoë om enige ligapunte te verdien in ’n wedstryd waarin hy in ’n stadium teen net veertien Leeus gespeel het.

Die Leeus-losskakel, Butch James, het in die tweede helfte vir tien minute in die koelkas gaan uitspan ná hy vir ’n hoogvat gestraf is. Die wedstryd was in daardie stadium op ’n naaldpunt gebalanseer, met die Leeus net met 9-6 voor, maar in ­James se afwesigheid kon die Kapenaars net drie punte aanteken – ewe veel as hul teenstanders.

Die WP het wel in daardie tien minute ’n geleentheid vir meer punte gehad, maar ná ’n strafskop voor die Leeus se pale besluit om eerder ’n tikskoppie te neem as om na die pale te korrel.

Dié voortvarende beweging het punteloos gesneuwel, met die WP wat met die bal oor die kantlyn geboender is.

James het sekondes daarna sy terugkeer tot die speelveld gemaak – en die Leeus het die sielkundige stryd gewen.

Die WP-slot De Kock Steenkamp het uiteindelik die sneller van die geweer teen sy span se kop getrek. Tot voor gister het dié werkesel hom nie aan enige tierlantyntjies gesteur nie, maar ’n aangee deur sy bene na een van sy spanmaats is deur die Leeus se regtervleuel, Deon Helberg, onderskep en in ’n vyfpunter omskep.

Dit was die laaste spyker in die Kapenaars se doodkis.

Die WP het in die tweede helfte eintlik veel meer kanse as die Leeus gehad om punte aan te teken, maar die Streeptruie se afronding was power, met die besoekers se verdediging boonop ondeurdringbaar.

Ander gebreke in die WP se spel was hul swak lynstaanspel en vrot taktiese skopwerk.

Die wedstryd is gekenmerk deur swak hanteerwerk deur albei spanne, maar die ligte ­reën het waarskynlik ’n rol daarin gespeel.

Vir die Leeus het James ’n groot rol in hul welverdiende oorwinning gespeel. Sy taktiese skopwerk was voortreflik, terwyl hy ook sy algemene spel slim afgewissel het. Die hoogvat waarvoor hy ’n geel kaart ontvang het, het nie so erg gelyk nie – en gelukkig vir hom uiteindelik geen rol in die uitslag van die wedstryd gespeel nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 17-20°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-27°C Sunny. Warm. PE: 14-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Inventory Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Finanical Manager

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Group Financial Manager

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.