Leeu-plesier!

2012-07-07 22:46

Lionel Mapoe word gisteraand deur die Rebels se Mitch Inman en Jimmy Hilgendorf beetgekry. | Foto: Deaan Vivier

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die Lions se droogmakery in gisteraand se tweede helfte was haas onkykbaar sleg.

Tog is baie rugbyondersteuners hier in Johannesburg se middestad deesdae maar met min tevrede.

Daarom was die oorwinning met 37-32 oor die Rebels aanvaarbaar. Dit wás immers ’n tweede agtereenvolgende tuis-oorwinning ná hul onlangse sege oor die Sharks – en dít gebeur nie gereeld hier nie.

Dan het die Lions ook ’n bonuspunt vir vier drieë verwerf – ook nogal skaars.

Maar o vet! Soos in omtrent alle Lions-wedstryde vanjaar is oomblikke van heel konstruktiewe spel en opwinding gemeng met die gebruiklike Lions-siestas. Dié slag was dit kort voor rustyd en die 30 minute daarna.

Sommer ’n lekker lang slapie.

In dié tyd het die tuisspan sy welverdiende voorsprong van 24-0 heeltemal verloor en vier Rebels-drieë later was dit 27-32 in die besoekers se guns.

Dit is in dié siesta-tye wat die Lions kan nonsens opdis wat die Kings soms nie na ’n té vrot Super-alternatief laat klink nie.

Maar dan ontwaak die span weer en skemer gewisse talent deur.

’n Drie naby die einde deur die plaasvervanger-flank Jaco Kriel was die herontwaking – en twee goeie stelskoppe van Elton Jantjies later is die vernedering van ’n nederlaag teen die Rebels afgeweer.

Dankie tog daarvoor, want dié Aussie-span was soos die Lions ook sonder beseerde sleutelspelers en voor rustyd self ontsettend swak.

In dié tyd het die Lions drie vinnige drieë gedruk en die bal lekker wyd gegooi. Waylon Murray se terugkeer tot die beginspan was toe indrukwekkend en drome van ’n weghol-oorwinning het begin.

Maar hier, op die eertydse Veld van Drome, word drome in die moderne tyd maar min bewaarheid. Josh Strauss-hulle sal die wen egter vat, want toegegee, dit was nóg ’n paar onstuimige weke van moles in die Lions-huis.

In die algemeen was gisteraand se wedstryd nie heeltemal pophuis-rugby nie, maar uit die spanne se gebreke is dit maklik om te sien hoekom hulle onder op die puntelys ronddwaal.

Dan gun ’n mens ook die oorwinning vir die Lions-ondersteuners wat steeds die middestad aangedurf het om op Coca-Colapark ’n wedstryd met min betekenis te kom kyk.

Net ten slotte, ’n versoek: Los televisie-skeidsregters sommer heeltemal as beslissings soos Johann Meuwesen s’n om James Hilgendorf se drie toe te ken, die gevolg is.

Dit was nie ’n drie nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Rugby-kommentaar

Jeremy James van Reenen sê... Ek stem saam met jou Raymond, Rapport sal 'n baie beter koerant wees Sonder die Mol se verkramte se^goed. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 15-23°C Sunny. Mild. Pta: 10-19°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 7-15°C Morning clouds. Cool. Bfn: 9-19°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 14-23°C Sunny. Mild. PE: 12-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.