Lions gee beter poging

2010-03-06 19:34

Hy's myne. Jacques Coetzee van die Lions ding mee om 'n hoë bal tydens die Johannesburgse span se wedstryd teen die Brumbies. Foto: Mark Nolan/Getty Images

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

pieter.jordaan@sport24.co.za

Die meeste Suid-Afrikaanse spanne het al veel vrotter teen die Brumbies in Canberra gevaar as wat die melkbaard ­Lions-span dit Vrydag gedoen het.

’n Kombinasie van ’n gebrek aan ervaring, moeilike weerstoestande en ’n paar betwisbare skeidsregterbeslissings deur die Nieu-Seelander Steve Walsh het die Lions uiteindelik winduit geslaan.

Die Brumbies het die wedstryd 24-13 gewen danksy ’n strafdrie in die eerste helfte en drieë na lemoentyd deur Christian Lealiifano (senter) en Stephen Moore (haker).

Maar al was selfs verdere vordering by die “nuwe” Lions te bespeur, is Dick Muir (afrigter), geensins tevrede met die uitslag nie.

“Ek moet sê ons is weer teleurgesteld, juis omdat ek voel ons het soveel vordering gemaak en ons het ’n wenkans gehad.

“Ek dink ons het bietjie slegte geluk as dit kom by die wedstryde en sommige skeidsregterbeslissings. Ons weet egter ook jy moet jou eie geluk maak,” sê Muir.

Onder die 18 strafskoppe wat Walsh aan die Lions uitgedeel het was verskeie teen die Lions-skrumwerkers gewees.

Kevin Buys (vaskopstut) het derhalwe ’n geel kaart in die eerste helfte gekry en ná die soveelste strafskop ná ’n skrum, is ’n strafdrie aan die Brumbies toegeken.

Al het die jong nuwe voorry wat Muir vir die wedstryd gekies het –?JC Janse van Rensburg, Charles Emslie en Buys –?aanvanklik baie swaar geleef, sê Muir dat die strafskoppe telkens gebeur het nog voordat die Lions kón skrum.

“Ons is heeltyd gestraf met die inslaan, iets waarmee ons sover goed was vanjaar. Ons het nog nie gesukkel in die skrums vanjaar nie. Maar nog voordat ons kon skrum, is ons elke keer gestraf.”

Die Brumbies se loskopstut, Ben Alexander, was die groot doring in Lions-vlees.

Later in die wedstryd het die Lions wel goeie druk op die Brumbies in die skrums geplaas. Teen dié tyd was Heinke van der Merwe (loskopstut) en Hannes Franklin (haker) as plaasvervangers op die veld.

Franklin het ook die Lions se enigste drie gedruk.

Die reënweer het die skouspel geheel en al uit die wedstryd geneem en albei spanne sou ’n droë oppervlak verkies het.

Muir sê die Lions moes kort voor die wedstryd weens die reën hul wedstrydplan verander.

“Maar ons uitvoering daarvan was nie goed nie. Ons skoppe was nie akkuraat nie en ook nie die manier waarop ons die skoppe opgevolg het nie.”

Maar die Lions se verdediging het nog ’n groot verbetering getoon. Daarmee saam was die lynstaanspel en spel by die afbreekpunte ’n riem onder die hart.

Daar was wel ander slegte nuus vir die Lions.

Die staatmaker-vleuel Dusty Noble sal vir ’n paar maande langs die kantlyn wees nadat hy ’n ernstige kniebesering opgedoen het.

Noble sal na Suid-Afrika terugkeer, maar die Lions hoop om die Kiwi-losskakel, Carlos Spencer, vir die komende naweek se kragmeting met die Waratahs te kan kies.

* Punte:

Brumbies 24 (10): Drieë: Strafdrie, Christian Lealiifano, Stephen Moore. Doelskoppe: Matt Giteau (3). Strafdoel: Giteau.

Lions 13 (3): Drie: Hannes Franklin. Doelskop: Burton Francis. Strafdoele: Francis (2).

- Rapport

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Condor 2400i Estate MPV MY03
2003
R 121,000.00

CHEVROLET

Corsa 1.4 Base Utility MY10 PU
2010
R 99,900.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2007
R 219,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.