Lank gelede was Bok-rugby lekker

2012-09-18 12:22

Ai, hoe verlang Die Mol nie vandag nie na die goeie ou dae lank, lank gelede toe dit nog lekker was om na Springbok-rugby te kyk.

Geoordeel aan die Bokke se laaste twee vertonings, teen die All Blacks gister en verlede week teen die Wallabies, gaan ons nie gou weer dáárdie heuglike ervarings beleef nie. En dalk nóóit weer nie.

Kyk, Die Mol weet maar al te goed ’n mens kan nie elke keer wen nie. Die een dag is jy bo, die ander dag is jy weer onder. Dís maar hoe beroepsport werk.

Maar daar is ’n verskil tussen “goeie” en “slegte” nederlae.

Wanneer ’n span sy allerbeste gee en dis nie goed genoeg nie, moet jy vir lief neem en aanvaar dat jou teenstanders op die dag doodeenvoudig jou baas was en dat jy vorentoe ander planne sal moet maak om hulle te troef.

Maar wanneer ’n span nie durf en passie uitstal nie en keer op keer dieselfde foute maak soos swape wat nie van beter weet nie, kan ’n mens nie net sê die teenstanders is beter, het meer ervaring en gaan ons vir lank nog onder die duim hou nie.

Aikôna!

Daar kom ’n tyd om hand in eie boesem te steek en eerlik en opreg na jou planne, spelpatroon én die spelers in die span te kyk en die regte vrae te vra: Is ons op die regte pad? Is dit die regte spelpatroon, en is die spelers in die span werklik die beste beskikbares?

Indien ’n afrigter op ’n hoogskop-en-storm-spelpatroon besluit, moet genoegsame spelers die hoë balle jaag om die teenstanders onder druk te plaas en omkeerbesit te probeer bewerkstellig.

Indien genoegsame spelers nie daardie hoë skoppe jaag nie en die teenstanders al die tyd en spasie in die wêreld gegun word om die balle te bemeester, dan is dit ’n hoogskop-en-bid-patroon.

Ja, gebede wat opgestuur word met die hoop dat jou teenstanders die hoë balle gaan laat val en jy só weer besit sal kry. Niks anders nie. Punt. Finish en klaar.

Wat afrigters en spankeuses betref, wil Die Mol nie soos ’n vervelige dominee klink nie, maar hy dink tog dit is vandag nodig om ook ’n klein prekie in dié verband af te steek.

As ’n afrigter ’n speler kies om strafskoppe klokslag en betroubaar deur die pale te jaag, dan moet daardie speler dit elke keer doen.

En as dáárdie speler ook verantwoordelik is vir die akkurate uitvoering van jou hoogskop-en-storm-plan, moet hy dit elke keer sekuur doen ... anders is jy weer terug by gebede. Punt. ­Finish en klaar.

Nou, Die Mol weet dit alles klink baie eenvoudig, maar werk nie in die praktyk altyd so mooi uit nie. Daarom het hy ná gister se Bok-nederlaag in Dunedin besluit dis weer tyd om vir sy Oosterse prinsessies te gaan ­kuier.

Hopelik as hy terugkom, het die rugbygode al die Bokke se probleme opgelos.

En hopelik daardie tyd brand onse Piesangrepubliek ook nie meer nie en is vrind Juju, die grootste van die grootste moegoes, agter tralies vir sy uitdagende aanhitsing van geweld.

En dalk net mag ’n mens dan ook weer Woolies toe gaan vir ’n heerlike sappige gebraaide kraai vir Sondag-lunch.

Ai tog, waarheen is die wêreld op pad?

Waarheen is onse geliefde Piesangrepubliek op pad? Stakings by die dosyne, elke week ’n mense-slagting én Bok-trane Saterdag op Saterdag.

Dit kan mos net beter wees daar doer ver saam met Die Mol se prinsessies in hul pragtige en vredeliewende paradys – daar waar hulle niks van rugby af weet nie en ook nie omgee nie.

Vreugde!

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 12-14°C Numerous showers. Morning clouds. Cool. Pta: 7-27°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 9-21°C Sunny. Mild. Bfn: 2-15°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 12-23°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 9-19°C Showery. Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Manager: Operations CA(SA)

East Rand
Network Finance Corporate
R900 000 - R1 000 000 Per Year

Financial Manager CA(SA)

East Rand
Network Finance Corporate

Financial Risk Manager

West Rand
Network Finance Professional
R680 000 - R750 000 Per Year

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar R700 op die Hisense LED TV

Kry die Hisense 32” HD LED TV vir slegs R2499. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe musiek-CD’s & DVD’s teen R99 elk

Kry gewilde nuwe musiek-CD’s en DVD’s teen R99 elk. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe boeke teen slegs R199 elk

Kry besparings wat jou kop sal wegblaas op nuwe boektitels. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot 40% op modetoebehore

Bespaar tot 40% op uitgesoekte handsakke, beursies, horlosies, juwele en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!