Morné op sy kop

2012-08-18 23:11

Marcell Coetzee, bul-flank van die Bokke, skuur gister oor die Argentynse doellyn vir sy drie. In die agtergrond sit Bok-vleuel Bryan Habana hand by. | Foto: Christiaan Kotze

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Jy kan jouself amptelik ophou bekommer oor Morné Steyn se spelpeil.

Die Springbok-losskakel was gister hier pure generaal onderweg na sy span se oorwinning met 27-6 oor Argentinië in hul afskopper in die nuwe Rugby-kampioenskap. Sy opsies was netjies, sy taktiese skopwerk haas onberispelik en sy stelskoppe, waaroor baie drukkersink reeds dié seisoen verkwis is, was nommerpas. Twee van hulle is boonop van diep in die hoekie oorgeklits.

Die beskeie Steyn self sal sekerlik die lof aan sy voorhoede toeswaai, wat hom van ’n puik platform voorsien het – en waaragter Francois Hougaard ’n netjiese wedstryd gespeel het.

Dis só dat dié ’n bra jong, onervare Springbok-agttal is, maar soos die ervaring kom, gaan hulle een van die mees gevreesde faktore in wêreldrugby word.

Die talent, werkywer en pure tafgeid van spelers soos Marcell Coetzee en Eben Etzebeth, nog maar aan die begin van hul loopbane, voorspel ’n blink toekoms. Nie dat dié twee ál was wat uitsondering verdien nie. Daar was g’n swak skakel in die Bok-pak nie, al was hulle die haker Bismarck du Plessis vroeg kwyt met ’n kniebesering.

Bismarck se besering bring mee dat die Bokke skielik ’n ligte haker-krisissie het, met Chiliboy Ralepelle reeds op die krukkelys.

Adriaan Strauss was egter, soos verwag is, puik in Du Plessis se plek.

Dit was beswaarlik ’n aantreklike toets, maar die Springbokke het vroeg al hul stempel op die spel afgedruk en was feitlik deurgaans baas in terme van gebiedsvoordeel en balbesit. En die opgestapelde druk wat so kenmerkend van goeie Springbok-spanne is, het sy tol onder die besoekers geëis.

Daar was ’n hele paar ongedwonge foute en die Poemas het selfs ’n klompie vryskoppe afgestaan in die skrums, hul tradisionele sterkpunt. Dié keer het oorywerigheid en waarskynlik senuwees hulle ’n paar maal te vroeg sien ingaan.

Maar daar is rede om te glo dat Argentinië mettertyd ’n waardevolle toevoeging tot Sanzar-rugby sal word.

Gister was dit merendeels hul puik rolmaal en hul losskakel, Juan Martín Hernandez, wat vrae aan die tuisspan gestel het.

Hernandez se hangskoppies was so geniepsig as altyd, maar Zane Kirchner het ’n puik agtermiddag gehad en hulle feitlik klokslag skadeloos gestel.

Maar moenie verbaas wees as veral Australië in die baie nabye toekoms knor teen die einste groentjies nie.

Die Bokke se resep was dieselfde ene wat ons teen Engeland gesien het, met die harde voorspelers wat die bal met elke kontak ’n bietjie vinniger gemaak het terwyl hulle die Poema-verdediging in die proses ingesuig het.

Dís ’n aanskoulike en belowende manier van speel, maar die groot toets wag teen die Suidelike Halfrond se ander reuse.

Tog – jy kan net speel teen wie voor jou is – en gister het Suid-Afrika dié toets vroeg in die sakkie gehad, hoewel die Bokke dalk vanoggend daaraan dink dat ’n bonuspunt-drie in dié wedstryd beslis baie moontlik was.

Dit was solied eerder as skouspelagtig, maar dis ’n bra nuwe span en, as al die kombinasies lekker begin vlot en die manne mekaar se spel leer verstaan, is daar g’n rede waarom skouspel nie ook binnekort op die spyskaart sal wees nie.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
24 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 14-24°C Sunny. Mild. Pta: 5-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 4-18°C Sunny. Mild. Bfn: 1-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 8-22°C Morning clouds. Mild. PE: 12-26°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar R700 op die Hisense LED TV

Kry die Hisense 32” HD LED TV vir slegs R2499. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe musiek-CD’s & DVD’s teen R99 elk

Kry gewilde nuwe musiek-CD’s en DVD’s teen R99 elk. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe boeke teen slegs R199 elk

Kry besparings wat jou kop sal wegblaas op nuwe boektitels. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot 40% op modetoebehore

Bespaar tot 40% op uitgesoekte handsakke, beursies, horlosies, juwele en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!