Nommer een

2012-07-15 00:01

Só lyk ’n Stormers-drie! Die Springbok-senter Juan de Jongh duik gister op Nuweland sierlik oor die Rebels-doellyn vir een van sy twee vyfpunters. | Foto: NASIEF MANIE

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Mens kry soms die indruk dat die Stormers sal sukkel om ’n Eersteliga-span met 40 punte te bêre, maar tog altyd ’n buitekans het om die All Blacks te klop.

Hoe dit ook al sy, die Kapenaars pronk ná gister se sege van 26-21 oor die Rebels hier op Nuweland bo-aan die Superrugby-reeks se puntelys – en van hier af vorentoe in die uitspeelrondes gaan niemand tel hoeveel drieë wie druk nie.

Jean de Villiers en sy Stormers-spanmaats het gister weer as oorwinnaars van die veld gestap, maar weer eens gesukkel om die drieë in te ryg. Hulle kon darem twee druk teen die Aussie-sukkelaars.

Maar soos die hele seisoen tot dusver, het drieë uiteindelik nie vir die Stormers hoegenaamd saak gemaak nie – en kon hulle sake weer beredder met hul puik verdedigingstrukture, asook die betroubare skopskoen van die losskakel, Peter Grant.

Maar dit was so amper of die Stormers het tog hul alie gesien. Hulle was eenvoudig té versigtig en in hul dop gekruip.

Pleks van om die Rebels heeltemal te bêre ná hulle rustyd ’n voorsprong van 16-0 opgebou het, het hulle hul voet van die pedaal gehaal.

Miskien was dit net ’n geval dat hulle te vinnig uit die wegspringblokke was. Twee strafdoele deur Grant en ’n mooi drie deur Juan de Jongh – hy het pragtig na binne gesny om die Rebels se verdediging te klop – het die Stormers ná 14 minute met 13-0 laat voorloop.

Daarna het die Kapenaars egter weer met hul ou truuk vorendag gekom en sommer ’n uiltjie geknip.

In die tweede helfte het die Stormers die stryd om balbesit verloor en was dit ook die besoekende Rebels wat gebiedsvoordeel geniet het.

Die Rebels se volgehoue druk het eindelik sy tol geëis en ná ’n paar strafskoppe en dryfmaal-bewegings het die TV-skeidsregter beslis dat die stut Rodney Blake vir die Rebels gedruk het.

Enkele minute later het die skrumskakel, Nick Phipps, ook só gemaak.

Dít het die Stormers geskud – maar goeie spel deur Bryan Habana en De Jongh het die tuisspan weer op die regte pad geplaas, met die Kaapse senter wat oorgegaan het vir sy tweede drie.

Maar diegene wat gedink het dít was pot, stel en wedstryd, was ver verkeerd.

’n Blaps op die verdediging het die Stormers opnuut onder kwaai druk geplaas – en toe Cooper Vuna met tien minute oor gaan druk het, was die punteverskil skielik net twee.

Grant het egter in die oorblywende tyd gelukkig vir die Stormers die kastaiings uit die vuur gekrap – en met sy 45ste suksesvolle skop uit 48 dié seisoen die deur in die Aussies se gesig toegeklap.

Stormers-oorwinnings is eintlik nooit mooi nie – en ná sestien wedstryde en 66 ligapunte pryk die Kapenaars vanoggend heel bo-aan die Super-puntelys.

Meer kan hul ondersteuners nie vra nie.

Kom ons drink eerder vandag ’n dop op hulle.

* Punte: Stormers 26 (16): Drieë: Juan de Jongh (2). Doelskoppe: Peter Grant (2). Strafdoele: Grant (4).
Rebels 21 (0): Drieë: Rodney Blake, Nick Phipps, Cooper Vuna. Doelskoppe: Julian Huxley (3).

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 17-20°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 6-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 6-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 13-27°C Sunny. Warm. PE: 13-23°C More clouds than sun. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.