Nuweland toe!

2012-07-22 00:04

Louis Ludik seil gister in Brisbane onder die Reds se Mike Harris in. Op die INLASFOTO BO REGS kan Beast Mtiwarira kwalik sy vreugde beteuel, nadat die Sharks die Australiërs in dié uitspeelwedstryd in die Super-reeks maklik met 30-17 afgestof het. F

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

As jy die afgelope week die Queenslandse media moes glo, hoef die Reds gister net opgedaag het by die Suncorp-stadion in Brisbane om na Superrugby se halfeindronde deur te dring.

Daar was egter die kwessie van die Sharks wat in hul pad was – en die kampioen is bra onseremonieel uitgeknikker, met die besoekers se oorwinning van 30-17 selfs effens vleiend vir die Reds.

Twee dinge het enige kans van ’n Reds-oorwinning in die wiele gery – en die eerste hiervan was die besoekers se pak voorspelers. Op hul stukke het die Sharks-voorspelers soveel byt soos enige ander agttal op aarde en gister was hulle omgesukkeld en het hulle verseker die Natallers reis dié week Nuweland toe vir een van die halfeind-kragmetings.

Die skuif van Willem Alberts na slot het gewerk. Hy het die bal dikwels gedra, maar die skitterendste vaste voorspeler in dié verband was weer Bismarck du Plessis, wat sy gebruiklik ongenaakbare vertoning gister gegarneer het met twee of drie stukkies verbysterende vernuf.

Met Alberts op slot, kon die Sharks-lostrio van die afgelope paar weke – Keegan Daniel, Marcell Coetzee en Ryan Kankowski – hul ding met selfs méér oorgawe doen.

Coetzee verdien weer uitsondering. Sy oënskynlik onuitputlike energie is stellig sy grootste gawe – en dis g’n wonder sy naam pryk naby die bokant van soveel Super-statistieke nie.

Die besoekers het haastig ’n 10 punt-kussing opgebou en dit vir die volgende uur en ’n bietjie behou. Hul aanvanklike momentum het egter stukrag gekry deurdat Ben Lucas, wat die geskorste Quade Cooper op losskakel vervang het vir die Reds, beseer van die veld is.

Lucas was nie watwaffers nie, maar sy besering het die Aussies gedwing om hul skrumskakel en kaptein, Will Genia, losskakel toe te skuif. Dít het gemaak dat die Reds nie net hul voorste losskakel nie, maar ook hul voorste skrumskakel moes ontbeer.

Hulle het egter nie tou opgegooi nie. Scott Higginbotham het sy hart uitgespeel en Genia was deurgaans gevaarlik, maar die Sharks kon vroeg al effens voet van die pedaal af haal en hul gô begin bêre vir hul Nuweland-afspraak.

Die Reds het laat in die eerste helfte hul stryk begin herwin en die Suid-Afrikaners onder druk begin plaas.

Maar die 10?punt-kussing was altyd veilig – en die tuisspan moes ál hoe haastiger word indien hulle die bordjies in die tweede helfte wou verhang.

Die Sharks-voorspelers het hulle egter drie-drie besig gehou by die afbreekpunt en hul spanmaats in staat gestel om teen die voordeellyn af te sprei. Die Reds moes hulle naderhand op gewaagde aangeë beroep – en hulle was gelukkig dat net Charl McLeod se onderskepping op ’n drie uitgeloop het.

Maar dié drie – ná ’n raps meer as ’n driekwartier – was hul doodsteek. Hierna het die besoekers geduldig verdedig en eers ná die toeter kon Radike Samo deurbars vir niks meer as effens meer respek op die telbord nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
24 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-16°C Showers early. More sun than clouds. Cool. Pta: 3-17°C Sunny. Mild.
Jhb: 3-14°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Cool.
Dbn: 9-25°C Sunny. Mild. PE: 12-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.