Pas Eben mooi op!

2013-01-13 01:13

Eben Etzebeth (AFP)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die voormalige Springbok-slot Bakkies Botha sê Eben Etzebeth sal vorentoe versigtig bestuur moet word om die beste uit hom te kan haal.

In verlede jaar se Super-reeks het Etzebeth 13 van die Stormers se 17 wedstryde begin en 11 van die Springbokke se 12 toetse.

Daarna het hy ook nog in die Westelike Provinsie se laaste drie wedstryde in die Curriebeker-reeks opgedraf.

“Ek dink hulle moet ’n ou soos Eben regtig goed bestuur. Die Suid-Afrikaanse seisoen is nou baie lank, met die Super-reeks en toetsrugby wat al oorkruis,” het Botha hier aan Rapport gesê.

“Dís die groot geheim om die beste uit hom te haal. Maar hy was fenomenaal in 2012. Ek is werklik bly vir hom dat hy sulke goeie rugby speel.”

Botha was aan die woord in ’n onderhoud met Rapport ná sy Franse klub, Toulon, se tuiswedstryd teen Grenoble.

Toulon het met 39-3 gewen.

Etzebeth se 27 wedstryde oorskry nie die 32 wat hy mag speel ingevolge ’n bepaling in die Suid-Afrikaanse Rugbyvereniging (Sarpa) se kollektiewe ooreenkoms met die provinsiale rugbyunies nie.

Maar Sarpa se uitvoerende hoof, Piet Heymans, sê die oorvol rugbyskedule verg ’n vermindering aan die wedstryde wat gespeel mag word.

“Daardie syfer is jare gelede vasgemaak en sal duidelik hersien moet word. As jy die intensiteit van hedendaagse rugby en die min ruskans wat die top-spelers kry in ag neem, is dit duidelik dat 32 te veel is,” het Heymans gesê.

“Dit gaan ook nie soseer oor die speel nie, maar al die oefening. Daar is net nie tyd vir rus en herstel nie.

“Jy kan ’n beter perspektief kry deur te gaan kyk wanneer Eben ooit af is, eerder as om bloot te vra hoeveel wedstryde hy gespeel het. Dís waar die huidige toernooi-formaat problematies begin raak. Ons top-spelers kan net nie so aangaan nie.”

Heymans sê daar sal eers daadwerklik aandag aan die probleem gegee kan word wanneer onderhandelings vir ’n nuwe uitsaai-ooreenkoms begin.

Die huidige ooreenkoms verstryk in 2015.

“Die hartseer ding is dat dit nie regtig in die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) en provinsies se hande lê om nou iets daaraan te doen nie. Dit word deur die kompetisies se strukture bepaal – en die geleentheid om aandag daaraan te gee is eers met die volgende ooreenkoms ten opsigte van uitsaairegte.

“Ons loop die gevaar om top-spelers te laat uitbrand en hul loopbane te verkort. Ons gaan nie meer spelers soos Victor Matfield en John Smit kry wat sulke lang diens vir die Bokke kan lewer nie. Ons het daardie ikone nodig.”

’n Stelsel van sentrale kontraktering het die potensiaal om die probleem op te los, omdat Saru dan ’n party in die spelers se kontrakte sal wees.

Die provinsies is egter sterk daarteen gekant.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 15-23°C Sunny. Mild. Pta: 10-18°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 8-14°C Morning clouds. Cool. Bfn: 9-19°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 14-22°C Morning clouds. Mild. PE: 12-24°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.