Perfekte 10

2012-04-21 22:38

Peter Grant Vrydag in Brisbane teen die Reds in aksie. | Foto: Chris Hyde/Getty Images

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Ondanks al die raad wat Heyneke Meyer tussen nou en Junie gaan kry, sal Morné Steyn waarskynlik weer die Springbokke se nr.?10-trui dra.

Nietemin het daar ná Vrydag se wedstryd in Brisbane tussen die Stormers en Reds ’n interessante vraag opgeduik: Wat van Peter Grant op die Bokke se plaasvervangersbank?

Dié Stormers-losskakel het ’n afgeronde vertoning gelewer in die Kapenaars se sege van 23-13 oor die Reds – en sy deugde maak ook van hom ’n heel skaf­like binnesenter.

Grant het al meer as ’n handvol goeie wedstryde in die middelveld vir die WP gespeel – en sy veelsydigheid behoort van hom ’n sterk Bok-kandidaat te maak.

Nog meer só, as daar na sy stelskop-rekord gekyk word. Sy 5 uit 5 teen die Reds het sy rekord van 100% vanjaar gehandhaaf.

Sy slaagsyfer verlede seisoen was 85%.

Hy het ook die regte temperament – en hy het dít dubbel en dwars bewys deur die wedstryde teen die Sharks en Bulls op Nuweland met strafdoele te beklink.

Grant het Vrydag voortreflik vertoon.

Hy het die gapings raakgesien en aangeval, telkens die verdedigers goed getrek en met die blitsige Gio Aplon en sy eie drie selfs ook ’n paar teenstanders geklop.

Mike Harris sal ook goeie getuienis kan lewer van hoe hard Grant kan lak.

Dié Reds-senter is disnis deur hom geduik toe Will Genia ’n belowende aanval steelkant-om van stapel gestuur het.

“Peter is ’n baie onderskatte speler,” sê die Stormers se duidelik tevrede afrigter, Allister Coetzee.

“Sy ervaring was duidelik in die leiding wat hy agterlangs as onder-kaptein gegee het. Sy perfekte skoprekord beteken baie en hy besef ook sy verantwoordelikheid om die bal oor die voordeellyn te neem.”

Die Stormers het die Reds eergister pimpel en pers geduik op pad na hul sege.

Steven Kitshoff, Eben Etzebeth, Siya Kolisi, Juan de Jongh, Bryan Habana en Aplon was almal wéér ramkatte, terwyl die skrumskakel Dewaldt Duvenage ook goed gespeel het.

Die Stormers se spelpatroon berus op die beginsel dat elke speler sy rol binne die struktuur verstaan – en Duvenage was Vrydag die battery in hul enjin.

Die span se strukture en dissipline is die rede waarom hulle steeds gemaklik kan wen sonder sterre soos Andries Bekker, Schalk Burger en Jean de Villiers.

Bekker sal waarskynlik Saterdag in Perth sy terugkeer teen die Western Force maak, wat die Stormers weer ’n krag in die lynstane sal maak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 12-21°C Sunny. Mild. Pta: 11-21°C Showers late. Morning clouds. Mild.
Jhb: 9-16°C Showers late. Mostly cloudy. Cool. Bfn: 8-19°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 14-22°C Morning clouds. Cool. PE: 9-20°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.