Planke toe!

2012-10-07 00:28

En daar baar die berg ’n muis.

Vir veertig minute het die Springbok-afrigter, Heyneke Meyer, sekerlik gister lekker verjaar, maar die babbelas het gekom voor enigiemand by die vonkelwyn kon uitkom. Die All Blacks het nou maar die gewoonte om partytjies te bederf.

Daar’s twee maniere om te dink aan gister se Springbok-nederlaag teen die tradisionele rugbyvyande: jy kan hande in die lug gooi en aan jouself erken dat Suid-Afrika nie op dieselfde vlak is nie ná die Kiwi’s, aanvanklik amper oral onder druk, eindelik belaglik maklik met 32-16 gewen het.

Of jy kan die piepklein groen lootjies tel en waarskynlik tot die slotsom kom – of hoop – dat Suid-Afrika weldra op dieselfde vlak kan kom. Dit sal dalk vanoggend neuk: wat ná rustyd hier gebeur het, sal groot manne die volgende paar weke in die donker oggend laat wakker skrik.

Genade: só ’n All Black is ’n maaifoedie.

Vóór rustyd het dit sommer twee maal gelyk of die besoekers in die moeilikheid is soos die Bokke druk op hulle uitgeoefen het in amper elke faset van die spel.

En daarná?

Toe was dit slegs ’n blote kwartier voor ons almal maar weer begin hoop het vir die beste.

Dié het nie gematerialiseer nie: as Nieu-Seeland jou die slag begin stamp, stamp hy vir jou.

En die grootste verskil is sweerlik dié: die All Blacks speel nou al sóveel jaar hulself uit enige penarie uit met vernuf, vaart en vertroue in hul spanmaats dat ons al gewoond geraak het daaraan dat dit nie genoeg is om hulle fisiek te oorheers nie.

Gister was dit inderdaad so dat die Bok-pak deurgaans, maar veral voor rustyd, die kitaar geslaan het.

En tog – met die draaislag had die Kiwi’s twee drieë agter hul naam teenoor Suid-Afrika se enkele poging deur Bryan Habana.

Albei was die gevolg van teen-aanvalle en g’n ander span skep só vinnig soveel ruimte nie – tog was die Bok-oorheersing in die eerste helfte meer werd as hul voorsprong van 16-12.

Johan Goosen is beseer van die veld, maar Elton Jantjies het selfversekerd gelyk in sy plek en twee moeilike strafdoele gesink om die momentum met Suid-Afrika te hou.

Maar rustyd was ’n spartelvars geheue, toe Ma’a Nonu verby Jaco Taute geskiet het en hiervandaan het al die gebiedsvoordeel en hardheid in die kontak die Bokke niks gebaat nie.

Selfs Conrad Smith se bonuspuntdrie voor die uur-merk was g’n verrassing nie, ná die draaislag was dit hierso net Nieu-Seeland.

Jy kan, soos rugbymanne deesdae té graag doen, alles tot statistiek reduseer en sê die Bokke het vóór rustyd feitlik g’n strafskoppe afgestaan nie, hul rugby in die Nieu-Seelanders se gebied gespeel en die meeste punte gebêre toe die kans hom voorgedoen het. En daarna was dinge andersom.

Óf jy kan aan jouself erken dat feitlik g’n SA span hom uit dieselfde soort penarie sou kon speel as wat die All Blacks gister het nie.

Wat waar is, is dat die Bokke ná rustyd in ’n feitlike gemors verander het – en dit was waarskynlik dáái wete wat meegehelp het. Daar is soveel myl tussen die manier waarop ons en hulle spelers grootgemaak word dat dit g’n wonder is dié perde klop die Bokke deesdae om en by drie uit elke vier probeerslae nie.

Ja, Suid-Afrika het ’n paar myl om te gaan om die All Blacks te klop. En om dit meer gereeld as elke vierde seisoen te doen, sal ’n groot kopskuif verg.

Jy kan skop en skrum en die smaak uit hulle bekke duik, maar dit gaan jou ten beste nommer twee in die wêreld maak, want Nommer Een kan al daai absorbeer.

Om dié manne te troef, makeer jy meer as die mees basiese benadering. Die geluk by die ongeluk? Dit lyk darem asof die Bokke dit besef. Die ongeluk by die geluk? Dit gaan lank genoeg vat om ons gesindheid op Nieu-Seelandse standaard te kry dat ons waarskynlik hier en daar nog ’n paar vernederingkies sal moet sluk as ons nie die Bokke permanent tussen nommers 2 en 4 wil sien ronddobber nie.

Daar wás gister oomblikkies dat ’n man hom verbeel het hy sien iets groots aan die gebeur. Hopelik was dit nie illusies nie: om terug in die dop te kruip, is nie die antwoord nie.

* Punte:
Nieu-Seeland 32 (12): Drieë: Sam Whitelock, Aaron Smith, Ma’a Nonu, Conrad Smith. Doelskoppe: Dan Carter (2). Strafdoel: Carter. Skepdoel: Carter.
Suid-Afrika 16 (16): Drie: Bryan Habana. Doelskop: Johan Goosen. Strafdoele: Elton Jantjies (2).

Lewer kommentaar op hierdie artikel
60 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 5-21°C Mostly sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 16-21°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.