Plum se Bok-toffie

2012-10-13 22:52

Só seil jy die Curriebeker-halfeind binne. Die skrumskakel Cobus Reinach druk die eerste van die Haaie se vyf drieë. Foto: Gallo

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Met die begin van die Curriebeker-reeks tien weke gelede, was die laaste ding wat John Plumtree, afrigter van die Haaie, kon voorsien dat sy span bo-aan die punteleer sou eindig.

“Met al die spelers wat ons aan die Springbokke afgestaan het en ook nog verdere beserings, het ek net nie gedink dit sou moontlik wees nie.

“Dat ons dit wél gedoen het, is ’n wonderlike getuigskrif vir die durf van die jong, onbesonge spelers – en daarom maak dit dinge vir my ook nie maklik om sommer net die Springbokke weer by die span te integreer nie.

“Ek moet hulde bring aan wat die spelers reggekry het in die afwesigheid van die groot name,” het hy Vrydagaand hier gesê, nadat die Haaie vir Griekwaland-Wes met 42-3 gestoomroller het om eerste op die punteleer te eindig.

“Dis fantasties om ’n halfeindstryd te kan aanbied, maar die realiteit is in daardie wedstryd is die speelveld weer gelyk en teen wie ons ook al speel, sal daardie span net so ’n kans soos ons hê om eindstryd toe te gaan.”

Hy het ook daarop gewys dat hoewel die tuisvoordeel betekenisvol is, dit nie as ’n vrypas na die eindstryd gesien moet word nie.

“Kyk maar net hoe het die All Blacks die Springbokke voor 90 000 toeskouers geklop. Al speel jy by die huis, moet jou spel nog sodanig wees dat dit vir jou ’n voordeel is.”

Plumtree sal in sy indrukwekkende agttal moet plek maak vir Tendai “Beast” Mtawarita en Willem Alberts, terwyl die beenbesering wat die vleuel Odwa Ndungane in die eerste tien minute opgedoen het teen Griekwas ’n groot bron van kommer vir die Haaie is.

Sodanig is die diepte waarmee Plumtree geseën is, dat hy hom met nóg ’n Springbok, Lwazi Mvovo, kon vervang.

Dis egter sy ander Springbok-vleuel, JP Pietersen, wat dié Kiwi-breier met ’n paar lofliedere laat lostrek het: “As daar ’n beter vleuel in wêreldrugby as JP is, sal ek hom graag wil sien. Hy was vanaand absoluut briljant en selfs ook verlede week met sy terugkeer teen die Cheetahs.

“Hy is groot en sterk en doen net sulke fantastiese dinge op die veld. Jy kan net verwonderd staan oor die rugby wat hy speel.”

Plumtree was ook tevrede met die spel wat Patrick Lambie op losskakel gelewer het, hoewel hy toegee dat hy nog so effens verroes was.

“Die halfeindstryd sal egter die groot verhoog wees waar Pat kan wys waartoe hy regtig in staat is.

“Ek is ook baie gelukkig om twee baie goeie skrumskakels in Cobus (Reinach) en Charl (McLeod) te hê.”

Reinach was skitterend en het die Poubloues se verdediging soms oorhoops gejaag.

Plum het ook baie lof gehad vir sy span se puik verdediging, hul stewige skrumwerk en die skerpheid van die agterlyn waarmee hulle aan die hardloop gegaan het met die vinnige diens van Reinach en Lambie.

Pote Human, die afrigter van Griekwas, sê sy span het hul swakste van die seisoen vir laaste gehou.

“Ek is baie teleurgesteld, maar moet darem ook toegee die Haaie was uitstekend,” het Human gesê.

“Soos hulle vanaand gespeel het, kan ek nie sien hoe enige span hulle hier gaan klop nie. In die geheel was dit vir ons ’n goeie seisoen – en om tot op die laaste dag nog ’n kans te kon hê om die halfeindronde te haal, was ’n goeie poging.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 17-22°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-16°C Morning clouds. Cool. Bfn: 7-20°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 15-26°C Morning clouds. Mild. PE: 13-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.