Poemas verras vriend en vyand

2012-09-09 01:27

Ma’a Nonu word gister deur drie Poemas omsingel. | Foto: SANDRA MU/GETTY IMAGES

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Dis wonderlik wat geleenthede en ’n klein bietjie samespel aan ’n span kan doen: die Poemas moes gister in Wellington weliswaar die knie teen die All Blacks buig, maar alle vrese dat Argentinië die Rugby-kampioenskap sal verswak, is die nek ingeslaan met ’n hardekwas-vertoning wat vriend en vyand verras het.

Nieu-Seeland was eindelik met 21-5 baas, nadat hulle ná 66 minute net met 9-5 voor was. Dié wedstryd, wat reeds maande terug aangestip is as ’n waarskynlike slagting, was rateltaai – en het amper ewe veel vir die Poemas se reputasie gedoen as hul onlangse gelykop-uitslag in Mendoza teen die Springbokke.

En die Wallabies sou geskrik het, want dit was die Argentynse agttal wat die All Blacks in toom gehou het: en dis einste die Aussies se pak wat hulle hoofbrekens besorg.

Nie dat dit ooit werklik gelyk het asof Nieu-Seeland sou verloor nie. Om die All Blacks op hul tuisveld te troef, moet alles vir jou reg loop en alles vir hulle verkeerd.

Tog, die Kiwi’s het gesukkel om die druk te verwerk wat hulle moes sluk – en dit was tekenend dat hul drieë eers in die laaste kwartier gedruk is, nadat ’n effens strawwe geel kaart vir die flank Julio Farias Cabello die gate laat oopgaan het.

Dié drieë het egter geïllustreer hoekom die All Blacks wyd en syd gevrees word. Hoewel die tuisspan heelaand gesukkel het om ’n hardnekkige verdediging én guur weer ten bowe te kom, het hulle oudergewoonte aanhou probeer en eindelik die uitklophou geplant, met drieë in albei hoeke deur die vleuels, Julian Savea en Cory Jane.

Aaron Cruden het nie swak gevaar in die beseerde Dan Carter se plek nie, maar sy voorspelers het min beskerming verskaf. Die All Blacks se ster agterlangs was Conrad Smith.

Ja, die All Blacks sal vir Sonny Bill Williams mis, maar Smith is sweerlik een van die lekkerste senters wat ons al in beroepsrugby gesien het – en wat hom laat uitstaan, is daai slim kop op sy skouers.

Die Kiwi’s het dit gister nodig gehad, want hoewel hulle meer gebiedsvoordeel en balbesit gehad het, was dit ’n yslike gesukkel om die Poemas se struktuur af te breek.

* Punte:
Nieu-Seeland 21 (6): Drieë: Julian Savea, Cory Jane. Doelskop: Aaron ­Cruden. Strafdoele: Cruden (3).
Argentinië 5 (5): Drie: Rodrigo ­Roncero.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 15-24°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 7-17°C Sunny. Mild. Bfn: 5-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.