Prô-ô-ô-ôvince!

2012-10-28 00:02

Moenie die vel verkoop voordat die beer verkoop is nie. En rugbywedstryde duur 80 minute.

Dís twee van die vernaamste lessies uit gister se Curriebeker-eindstryd hier, met die jong en vooraf verguisde Westelike Provinsie wat die Haaie, die oorweldigende gunsteling, met 25-18 geskok het.

Die eerste halfuur het egter g’n skimp gegee van die drama voorhande nie.

Om die waarheid te sê, ná slegs 25 minute was die tuisspan reeds stewig in die saal toe Pat Lambie sy vierde strafdoel gebêre het, nadat die Haai-skrum die besoekers behoorlik gefrommel het.

Dit was vir ’n negepunt-kussing, veersag vir só vroeg in ’n Curriebeker-eindstryd. Maar miskien het hul vroeë oorheersing iewers in die onderbewussyn die Durbaniete laat dink hulle hét die ene.

Die oeroue stelling dat die skrum die belangrikste fondament in rugby verskaf, is gister nóg ’n nekslag toegedien en nogmaals onderstreep dat daai eer deesdae die lynstaan toekom.

Waar die WP geknor het met skrumtyd, was die tuisspan se lynstaan dikwels ’n gemors. En dit het duidelik meer saakgemaak: tussen al die oorgegooide balle en ’n ontwrigtende Eben Etzebeth op nommer twee vir die teenstanders was die Haai-lynstaan ’n haas fatale vrot kol in hul mondering – nie minder nie as ’n halfdosyn van hul ingooie het misluk teenoor ’n enkele blaps deur die besoekers.

Maar die keerpunt was nie die werk van die voorspelers nie.

Waar Demetri Catrakilis op losskakel vir die besoekers aanvanklik effens oorweldig gelyk het deur die geleentheid, was dit veelseggend dat hy die vonkelendste oomblik van die wedstryd gelewer het deur Juan de Jongh ruimte te gee.

Die rateltaai senter-buksie was in alle aspekte van die spel uitstekend. Sy verdediging alleen het ’n grap gemaak van dié wat kwansuis reken hy’s te klein vir die toets-arena. Maar die lopie waarmee hy die WP vir die eerste maal voor op die telbord gekry het, was iets van ’n ander wêreld, met aftrappe weerskant.

Te klein vir toetsrugby? Aikôna – g’n vreeslik fris senter kan só ’n drie druk nie en gister was dit die oomblik dat die Streeptruie behoorlik in hulself begin glo en die Haaie skielik begin twyfel het.

Dit was skielik ’n klipharde kragmeting en hoewel die WP met die draaislag voorgeloop het, was die tuisspan vroeg in die tweede helfte weereens baas. Iets waarvan niemand egter die jong span Kapenaars kan beskuldig nie, is dat hulle durf makeer.

In ’n stadium het die Haaie nie minder nie as 12 fases binne 10 treë van die WP-doellyn afgedwing voordat hulle ’n strafskop gekry en ’n skrum gevat het.

Hiervandaan nóg sewe fases, wat geëindig het toe Lwazi Mvovo op die hoek uitgeduik is.

Tog, Pat Lambie se tweede strafdoel van die tweede helfte ná ’n skrum-oortreding het die Haaie weer met ’n neus laat voorloop.

Maar dit was te min en te laat – die immer vurige Deon Fourie het sy manne aangespoor en die laaste rites is oorwegend deur die WP bedien.

Catrakilis het in statuur gegroei met die wedstryd en dit was veelseggend dat twee komkommerkoel skepdoele van hom die Haaie se doppie finaal geklink het.

Of tog ook nie – die tuisspan was enduit gevaarlik en die WP kon eers sowat twee minute ná die toeter en ’n stuk of 15 fases eindelik arms in die lug druk.

* Punte:

Westelike Provinsie 25 (16): Drie: Juan de Jongh. Doelskop: Dmetri Catrakilis. Strafdoele: Catrakilis (3), Joe Pietersen. Skepdoele: Catrakilis (2).
Haaie 18 (12): Strafdoele: Pat Lambie (6).

Lewer kommentaar op hierdie artikel
108 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 11-17°C High level clouds. Cool. Pta: 6-20°C Sunny. Mild.
Jhb: 4-17°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 3-18°C Sunny. Mild.
Dbn: 11-24°C Sunny. Mild. PE: 10-18°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Executive Reward & Benefits Consultant

South Africa
DAV Professional Placement Group
Market Related

Office Support :Engineering

South Africa
Ikamva Recruitment, Training & Business Development
Market Related

Asset Data Capturer

South Africa
Ikamva Recruitment, Training & Business Development
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.