Reg of weg

2010-03-06 19:33

Earl Snyman van Shimlas raak ontslae van die bal voordat hy vasgevat word in sy span se sege oor die TUT Maandagaand in Bloemfontein. Foto: Emile Hendricks

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

jharmse@sport24.co.za

Dit gons behoorlik hier én in Stellenbosch. Waar die Danie Craven-stadion egter uitverkoop is vir môre se Varsitybeker-intervarsity tussen die Maties en Ikeys, loop die lippe hier in die Jakarandastad oor hoekom die Tukkies afgelope Maandag so erg deur die Maroentruie verniel is.

Daar word swaar gesluk aan dié nederlaag en ernstige vrae word op die Tukkies-kampus gevra oor hul span se boedel-oorgawe teen die geswore vyand uit die Suide.

Van geswore vyande gepraat, die stryd tussen Maties en Ikeys beloof om een van die beste wedstryde in vanjaar se kompetisie te wees.

Die tuisspan het tot nou toe al sy teenstanders verwoes, terwyl die Ikeys self onoorwonne is.

Maties is reeds verseker van ’n plek in die halfeindstryd en ’n oorwinning teen sy oudste teenstander behoort te verseker dat die verdedigende kampioene bo-aan die punteleer klaarmaak.

Danie Craven is die enigste stadion waar toegangsgeld gevra word, maar desondanks is alle kaartjies uitverkoop vir die kragmeting.

Dinge word duidelik reg gedoen daar op Stellenbosch en Belius Potgieter en sy span verdien ’n ligte kopknikkie, indien nie staande applous nie.

Die besoekers het weer sy lostrio verander, met Sam Peter en Michael Morris wat saam met JJ Gagiano sal moet probeer om die Maties se besit so karig en stadig as moontlik te maak.

Die Maroentruie het Danie Poolman senter toe geskuif en spog met ’n uiters indrukwekkende plaasvervangersbank. Dit is moeilik om te sien dat hulle kan vasval.

In Pretoria speel Tuks teen Shimlas en die wenner van dié wedstryd gaan sy kanse versterk om in die halfeind te speel, terwyl droë brood die verloorder se voorland is.

Tukkies wend hom weer eens tot ’n nuwe skakelpaar. Shaun Davids is heelagter toe geskuif, met Stanley Twiname en sy geleerde skopvoet wat op losskakel begin.

Die jong Etienne Greeff is as skrumskakel gekies, terwyl die blitsige Tom Seabela op vleuel losgelaat word.

Shimlas het sy span onveranderd gelaat. Jaco Colyn speel sy tweede wedstryd op losskakel met Gerrie Odendaal, wat ’n jaar of wat gelede nog sy rugby in Pretoria gespeel het, as skrumskakel.

Samespel kan hier deurslaggewend wees en hopelik ontplof die gedurige verandering van personeel nie in die Tuks-breier, Freddie Grobler, se gesig nie.

Die ander twee spanne wat saam met Tuks en Shimlas vir die oorblywende twee plekke in die halfeindstryd veg, die UJ en Pukke, het “makliker” wedstryde teen NMMU en die TUT onderskeidelik.

NMMU het Braam Gerber terug op senter vir sy verpligtinge in Johannesburg, terwyl die Gautengers hul span onveranderd gelos het van die een wat teen die Ikeys verloor het.

Pukke het die blitsige Bom Samaai op vleuel gekies vir hul wedstryd op die Fanie en sal hoop dié Luiperds-speler ly nog aan dieselfde doellynkoors wat hy verlede seisoen openbaar het.

Stoffel Duvenhage voer die Pukke aan.

Die TUT se aanslag word versterk met Adillio Coutriers en sy kanonvoet terug op heelagter. Die besoekers is beslis in staat tot ’n oorwinning in Potchefstroom, waar dinge vanjaar maar net nie aan die gang wil kom nie.

- Rapport

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Condor 2400i Estate MPV MY03
2003
R 121,000.00

CHEVROLET

Corsa 1.4 Base Utility MY10 PU
2010
R 99,900.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2007
R 219,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.