Reg of weg vir Ikeys,Tuks

2011-03-19 23:49

Cecil Dumond, ster-losskakel van die Pukke, word deur alle kante beetgepak in sy span se wedstryd teen die NMMU in Potchefstroom. Die Pukke het Maandag hul eerste sege in vanjaar se Varsitybeker-reeks behaal deur met 57-6 te wen. Foto: Gallo

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Heyneke Meyer moes een keer in sy hoedanigheid as Bulls-afrigter, tot sy stomme verbasing in ’n Super14-wedstryd hier toekyk hoe Hilton Lobberts ná ’n halfuur se spel vra om vervang te word “want sy bene pyn”.

Die breier, deesdae betrokke by Tuks, sal hoop Lobberts, nou by Ikeys, wys dieselfde gebrek aan geesdrif en toewyding vir die spel wanneer hy môre saam met die Tigers in die Tuks-sta­dion uitdraf in die laaste ronde wedstryde in vanjaar se reeks.

Dít sal fataal vir die besoekers wees, want hierna bly slegs vier spanne oor om verder vir eer en glorie en natuurlik, die Varsitybeker, te speel.

Ikeys het in die vorige drie jaar elke keer verder gespeel, maar ’n nederlaag hier op die Hoëveld gaan beteken dat sy seisoen vanjaar baie vinniger as gewoonlik verby kan wees.

Dit kan egter ook met Tukkies gebeur, want ’n nederlaag sonder bonuspunte vir hulle, ’n sege vir Shimlas oor NMMU en twee bonuspunte vir UJ kan Tuks uitknikker.

Vir Tuks is die opdrag eenvoudig. Wén net die wedstryd, want dit sal genoeg wees om oor twee weke die halfeindstryd van die kompetisie aan te bied, iets wat nog nie voorheen met dié span gebeur het nie.

Die span kan ook, afhangende van wat op Stellenbosch gebeur waar die Maties vir UJ wag, bo-aan die punteleer klaarmaak, nog iets wat geen Tukkie-ondersteuner voorheen beleef het nie.

In die Craven-stadion is ’n ewe deurslaggewende wedstryd aan die broei. Enige bonuspunte vir UJ kan genoeg wees om deur te dring en indien Ikeys en Shimlas verloor, is hulle outomaties deur.

Die Maties verloor nie sommer twee op ’n ry nie en nog minder op hul tuisveld, maar daar is baie op die spel. En druk laat spelers die vreemdste dinge doen.

Shimlas het waarskynlik die “maklikste” wedstryd van die aanspraakmakers, veral nadat die NMMU so lelik uit die bus geval het teen die Pukke.

Hulle kan met baie geluk selfs ’n tuishalfeindstryd aanbied.

Die ander wedstryd tussen die TUT en die Pukke is ewe eenvoudig. Die wenner sluit die seisoen veilig, maar bitterbek af, oor die verloorder hang die swaard van promosie/relegasie.

Die TUT was vanjaar net te ongedissiplineerd en selfs ’n sege sal waarskynlik nie keer dat koppe rol nie, maar verwag van Cecil Dumond om die tuisspan se harte te breek met sy geleerde skopvoet. Nie net pale toe nie, maar ook met sy taktiese spel behoort die oud-leerling van Orkney Hoër te veel vrae vir TUT se manne te hê.

Met net drie punte wat die voorste vyf spanne skei, is daar ’n magdom permutasies.

’n Sege sal vir enige van UJ, Maties, Tuks, Ikeys en Shimlas ’n plek in die halfeindstryd verseker, maar bonuspunte en punteverskil kan maklik die finale stand van sake bepaal.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 13-21°C Sunny. Mild. Pta: 12-24°C Mostly sunny. Mild.
Jhb: 11-19°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 5-22°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 17-24°C Haze. Mild. PE: 12-20°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.