Rigtingloos

2012-09-09 01:27

Francois Louw (met die bal) word gister in Perth deur die Wallaby Scott Higginbotham beetgekry, met Radike Samo (op die grond) en ’n v;ieënde Duane Vermeulen wat kom hand bysit. Die Wallabies het laaste gelag en dié toets in die Rugby-kampioenskap me

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

 Slordig!

Die Springbokke het gister hier ’n goue geleentheid verspeel om Australië in die Rugby-kampioenskap te troef, deur die Wallabies toe te laat om in die tweede helfte terug te veg en hulle uiteindelik met die kous oor die kop huis toe te stuur.

Waar die Bokke rustyd met 13-6 voorgeloop het, het die Aussies in die tweede helfte al die speelwerk gedoen en die Suid-Afrikaners se gebrek aan ervaring en swak temperament uitgebuit, om eindelik met 26-19 as oorwinnaars van die veld te stap.

Swak taktiese skopwerk, ewe swak dissipline en ongedwonge foute in hul eie kwartgebied in die tweede helfte was soos ’n messteek in die maag van die Bok-span, wat voor rustyd gewys het hulle beskik tóg oor die talente om die Aussies te klop.

Maar ’n gebrek aan temperament was straks die grootste rede vir die Bokke se nederlaag.

Temperament is ’n gawe wat sommige mense in staat stel om onder druk die regte en goeie besluite te neem. En dit is iets wat met ervaring opgeskerp kan word.

Gister was die Bokke in die tweede helfte rigtingloos en van spelers met die regte temperament was daar net mooi niks te bespeur nie. Groentjies en ervare Bokke het gestruikel toe dit saak gemaak het.

Die Bok-losskakel Morné Steyn se besluitneming op losskakel was soms bedenklik, die kaptein Jean de Villiers het ’n laagvat of twee gemis en van goeie en akkurate taktiese skopwerk deur enigiemand was daar nie enige sprake nie.

Mettertyd het die wedstryd ook in ’n venynige kragmeting ontaard en Australië het met groter gemak besit by die afbreekpunte begin behou.

Dít was nie die geval in die eerste helfte nie, wat die uiteindelike Bok-nederlaag soveel meer hartseer maak.

Vroeg in die wedstryd was die Springbokke se verdediging dodelik, sodat enige agterlynbewegings deur die Aussies dadelik gestuit kon word. Die tuisspan se kaaskrul-skoppies is ook moeiteloos deur die Bokke opgevreet. In dié verband was die skrumskakel Ruan Pienaar se voorgevoel puik.

En die veelsydigheid waaroor Heyneke Meyer se Bok-span beskik, was in die eerste veertig ook duidelik te sien met Morné en Frans Steyn, Pienaar en Zane Kirchner wat om die beurt met goeie taktiese skoppe die Bokke op die voorvoet gehou het.

Dan was daar nog Bryan Habana wat soos ’n wafferse voorspeler kop omlaag oor die Aussies se doellyn gedryf het en Eben Etzebeth wat à la Bakkies Botha die kollig gesteel het met aggressiewe inklimspel.
Etzebeth is egter agterna vir ’n beweerde kopstamp uitgewys en kan dalk vandag groot probleme hê wanneer hy voor ’n tugverhoor verskyn.

Nadat die twee spanne kante geruil het, was daar skielik veel minder vuur en het die Bokke rondgeploeter met die Aussies wat momentum begin kry het.

Die plaasvervanger-vleuel Lwazi Mvovo se breinfloute met die vang van ’n inskop, ’n strafskop teen die plaasvervanger-stut Pat Cilliers vir onwettige skrumwerk, die plaasvervanger-haker Tiaan Liebenberg se onvermoë om ’n lynstaanspringer laat in die wedstryd te vind, asook ’n swak lynskop deur Pienaar het sake vir die Bokke vererger en toegelaat dat die Wallabies punte kon aanteken en die voortou neem.

Dit het ook nie gehelp dat die Wallaby-losskakel, Berrick Barnes, foutloos pale toe gekorrel en die Bokke vir oortredings laat betaal het nie.

Helaas was daar nie genoeg pyle in die Bok-koker om die Aussies se aanslag te beveg nie.

* Punte:
Australië 26 (6): Drieë: Scott Higginbotham, Ben Alexander. Doelskoppe: Berrick Barnes (2). Strafdoele: Barnes (4)
Suid-Afrika 19 (13): Drie: Bryan Habana. Doelskop: Morné Steyn. Strafdoele: Morné Steyn (2), Frans Steyn (2).

Lewer kommentaar op hierdie artikel
71 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 5-21°C Mostly sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 15-21°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.