SA rugby pronk met jong geslag

2012-04-29 00:13

Eben Etzebeth

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Suid-Afrikaanse rugby bevind hom in ’n bloeitydperk – wat die Springbok-afrigter, Heyneke Meyer, se langtermynplan die minste van sy probleme sal maak.

Die nuwe generasie van Johan Goosen, Robert Ebersohn, Eben Etzebeth, Siya Kolisi, Frans Malherbe, Steven Kitshoff en Marcell Coetzee kan straks almal in die nabye toekoms Bokke word.

Nietemin sal Meyer met net ’n week tot sy beskikking ’n span moet brei om vir Engeland in die eerste toets op 9 Junie te klop.

En dit gaan nie gebeur deur ’n hele spul belowende jong spelers – hoe indrukwekkend ook al – vir die wolwe te gooi nie.

Daar is ’n handjievol senior manne wie se ervaring, eerder as onmiddellike spelpeil, hulle deel van die Bok-opset behoort te maak. Die juniors kan dan stadig maar seker bykom.

Morné Steyn is byvoorbeeld nog nie op dreef nie, maar Suid-Afrika het nie nou al ’n beter alternatief nie.

Intussen verdien Goosen sy plek in ’n vormspan, maar sy talent kan vir eers maar in die SA o.20-span op die Junior Wêreldkampioenskap geslyp word.

Dieselfde geld Kitshoff, wat maklik genoeg ’n vormspan kan haal, maar met gesoute loskopstutte soos Tendai Mtawarira en Dean Greyling om ’n Bok-trui meeding.

Soos gewoonlik is Suid-Afrika ’n losvoorspeler-fabriek met jong manne soos Kolisi en Coetzee wat uitblink. Keegan ­Daniel staan uit as agtsteman in die Haaitenk.

Bryan Habana is besig om sy selfvertroue te herwin en bevind hom nou op senter, maar soos in die geval van JP Pietersen is vleuel op toetsvlak sy voorland.

Etzebeth lyk ongeag sy gebrek aan ervaring gereed vir toetsrugby. Andries Bekker verdien die nr.?5-trui, maar Juandré Kruger blaas in sy nek.

Malherbe se skrumwerk is verwoestend wanneer die Stormers hom opstuur, maar dis as impakspeler. Werner Kruger is waarskynlik die keur onder die vaskopstutte wat wedstryde begin.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 12-20°C Partly sunny. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-19°C Sunny. Mild. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Internal Auditor

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
R410000 - R510000

Treasury Accountant

East Rand
Communicate Cape Town Engineering
R250000 - R350000

Financial Manager

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.